Resensie: Die film, BALON
Die film, BALON
Twee gesinne in die ou DDR wil „Republiekvlug” begaan. Hulle wil met ‘n warmlugballon in die Weste uit die kloue van die „reel-eksisterende sosialisme” ontsnap. Hulle werk in handweklike bedrywe en het die moontlikheid om so ‘n ballon te bou, ofskoon nie een van hulle ooit met vlieëry of lugballons iets te doen gehad het nie: petrolenjin met propellor om dit op te blaas, gasstoof om die warmlug te maak; en een van hulle het ‘n industrienaaimasjien by die huis om die stofbane aanmekaar te verbind.
☆
Die film begin waar die twee gesinne alreeds alles gepak het en slegs op ‘n nag met gunstige weer wag: Bietjie wolkerig, die wind moet uit oos kom. En dan word die een gesin verhinder deur omstandighede buite hul beheer. Hoe nou gemaak? Die sleepwaentjie wat hulle uitgeleen het, is volgelaai en daar is geen plek om al die goed te stoor nie; buitendien ontdek hulle, daar is nie genoeg gas om die ballon alte lank in die lug te hou nie. Daar word besluit dat die ander familie alleen kan vlieg want dis nie so swaar nie. „Ons kom agterna. Moenie huiwer nie, gryp die geleentheid!”
Die een gesin trek los na die oopte in ie bos wat hulle uitgesoek het om af te vlieg, die man van die ander gesin ry saam om te help om die ding in die lug te kry. Hy gooi die propellor in die rivier, ruim op en bring die kar met uitgeleende sleepwa terug. Nou wil hy hom sélf voorberei op ‘n nuwe vlugversoek. Maar, o gonna, die eerste gesin beland in ‘n penarie, hulle kan niks sien nie en weet nie of hulle die grens bereik het nie as hulle in die donkerte moet land omdat die gasbottel leeg is.
Maar dit kort nog ‘n paar kilometers tot die grens en hulle moet kyk dat hulle daar wegkom en so gou moontlik huistoe. Môre moet ‘n normale dag wees asof niks gebeur het nie.
Nou gaan die voorbereidings van voraf los. Masjiendele moet besorg word, bane van taftstof moet meter vir meter oral in die republiek gekoop word om nie verdag te skep nie, in die nag moet gewerk word. . .
Die polisie het al snuf in die neus gekry: Die verongelukte lugballon is gevind en ondersoek, die moontlike vliegafstand vir so ‘n gasbottel is gepeil, die gebied waaruit die balon kon losgevlieg het, is op ‘n landkaart afgesteek, die bevolking word gevra om verdagtige momente te raporteer. Die net word al hoe fyner, die strop om hul nekke kom al hoe nader. In die bioskoopsaal is die spanning speurbaar.
☆
Die verhaal berus glo op ‘n ware begewenheid, ofskoon ek niks daarvan in die koerant gelees het nie. Waarskynlik was dit voor my tyd.
Dit is waarlik ‘n uiters spannende verhaal, besonders goed gespeel. Ook deur die kindertuinknapie en alle newerolle. Maar geen enkele Amerikaner van naam nie, dus kom dit beslis nie na julle in die amerikaanse kolonië nie. Desnietenstaande volle vyf sterre.
29e.November2018…☆☆☆☆☆………………………..©tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.