REUSE UURGLAS
REUSE UURGLAS
Reuse uurglas
ek staar regdeur die uurglas
die land se kragreus raak nou leeg
hy loop nou drasties dolleeg
soos sand loop die rand uit die land uit
ekonomie moet saam raadsbesluit
Suid Afrika se kragstasies is almal uit
verbruikers betaal alreeds vooruit
waar gaan hierdie werêld heen
daar is geen geld om opte steun
beurtkrag word verseker verwyt
astronomiese krag van tyd
kragkantoor sal maar moet pleit
Ons land is by die deur uit gesmyt
2019 die laaste sandkorrels het verdwyn
die land is besig om weg te kwyn
© Eleen van Deventer Vorster
18/02/2019
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD