Jongste aktiwiteit:

Woord-serenade

daar was woorde
en dit was vreemd –
woorde uit sy pen
was my hele storie
hy het my geken

dit was net woorde
soos by die Fugees,
maar hy’t my hart gevat
en soos by die BeeGees
was ek nie baie seker
of hy dit bedoel

ek kon nie uitmaak
wat hy vir my voel –
stadig was elke woord
soos ‘n stukkie moord

letter vir letter
noot vir noot
het hy my lewe
oopgekrap
my liefde vir hom
verpletter
my saggies platgetrap

maar woorde bly my hiel
die poorte na my siel
ek laat my so verflenter
en ek bly emosie-dom

© Charleine Collins 18 Februarie 2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak