gelukkig is jy nie God nie
Deur my hele helse lewe
wou ek net bloedig strewe
om jou te kon behaag,
om net vir jou te wys
dat ek jou waardig is –
wou ek alle seer
wat jy moes ly
met liefdesdiens besweer
dat jy my skuld vergewe
en my so lief kon kry.
Maar in jou diepste wese
kon jy nooit vergeet
dat ek kortstondig
van ‘n omgee-liefde
in ‘n ander hart kon weet.
Daarom was my boete
vrugteloos,
my werk en gee
wit kneukeldeur
se altyd weer probeer,
my geesteswroeging
en eie pyn so kerndiep verskans
dat my ware self wegswymel,
dissosieer en eenkant dood
sien dat ons net onpaar dans –
my smagting na hemelsmeer,
soos jou sielsgevoel,
geborgenheid
en dat jy kon hoor,
my raak wou sien,
iets wat ek met troeteling
en smeking
die hoop van elke dag
se weer uitsien
nimmer as te nooit
van iemand soos jy sou
kon verdien.
© Charleine Collins 18 Februarie 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.