ROMANTIESE WINTERSAAND
Misterieus
Teen
die donkernagruite
Trek die sneeuvlokke
nat strepe
teen die ruite.
Grou en grys
lyk die nag,
geen sterreprag.
Langs my sit sy
asemrowend mooi
spierwit rok
en lippe rooi getooi.
Rooi kunsblom
in haar blonde hare
wat golwend
blinkend
satynsag
in krulle
op haar skouers neertuimel.
Kaggelvuurvlamme
se lig teen die mure
verdryf die koue
in die nagure.
Vrolik
dansend
die lig oor haar hare
laat die bloed
jaag deur my are.
Haar lippe lokkend
myne smagtend na hare
Sy bied hulle vir my aan
dis joune …
Warm en soet
proe dit wanneer
ons lippe ontmoet
in passie
wat versnel en tyd nie laat tel.
In die agtergrond
die strelende musiek
vorm aan die atmosfeer
‘n eie mistiek.
Wanneer lippe wegbreek
en sy in my oë kyk
weet ons albei
die nag gaan te kort wees om
aan die ontluikende liefde
reg te laat geskied.
Dartelend vlieg sy op
duiweltjies dansend in haar oë
gryp my hand
en trek my op
om saam met haar op musiek
weg te sweef.
Laggend sak ons later neer
om honger lippe te laat ontmoet
jagende bloed deur die are
emosies wat versnel …
weet ons dat ons
bymekaar hoort.
7 Kommentare
-

Anze
En kyk nou net hier!!! Dis mos pragtig Neels, in n paar woorde vertel jy die mooiste liefdesverhaal.. welgedaan my vriend!
-

Ronel Janse van Vuuren
Wow! Ek dink jy het dit wel geskryf - die vrou laat my dink aan Zelda ;-) Ek vind gereeld goed op my rekenaar wat ek nie kan onthou wanneer dit geskryf is en of dit ek was nie - dis iets wat alle skrywers skeet (ten minste die wat ek deur my blog en twitter ontmoet). Wys jou nou net: jy kan gedigte ook skryf :-)
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek
-

LadySoul
Pragtig Neel! Ek het dit geniet om jou werk te lees. Ek sit nou nog met n glimlag op my gesig. Baie mooi hoor!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Ek weet self nie wanneer ek hierdie gedig geskryf het nie en of dit ek was, ek weet nie.