Rynvaart
ich weiss nicht was soll es bedeuten
dass ich so traurig bin
maar ek kan van dors nou vrek
tussen water sover die oog kan sien
is jy met jou besoedelde deinings, Ryn,
jy laat my sweet en sweet
op ‘n boot se dek
hier tussen Duitse Fräuleins met
lang beenhare en koel bottels wyn,
want es gibt kein mehr vir die gek
met ‘n Rand in die beurs aan haar nek
© Charleine Collins 28 Januarie 2019
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Eina! Ek ken daai gevoel. Het jy dit ook gemerk? Dat dit hier in die diaspora vrekduur is. Jy kan alles, maar alles hê wat jou hart begeer. Solank as jy net betaal. Tja, welkom in die land van welk en kreuning! GvT