affiniteit
sand sluk seewater
soos meeue kril sluk
mense sluk stories
skelms wat oortuig
die golwe sing hul lied
weergalmend oor my duin
elke geluid suis deur my ore
raak weg in gulsige geheue
my duin is wit warm vandag
die son brand elke sandkorrel
my vel verbruin en verdroog
soos koring blare wat verbleik
die son verskroei alles
in affiniteit vir ewigheid
mens vergaan en taan
tot vel en been vergete
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.