Jongste aktiwiteit:

SARINA

Jare gelede het ivoorjagter Afrika ingetrek om te gaan olifante jag. Saam met hom was sy vrou, sy draers en werkers en sesjarige dogtertjie, Sarina. Sarina was n pragkind met die langste mooi blonde hare wat in golwe op haar skouers neergetuimel het en die diepste blou oë waarin enige mens kon verdwaal.

Vir vyf jaar lank het hierdie ivoorjagter feitlik permanent in die jagveld gebly om olifante te jag. Hy het ook net die bestes uitgesoek om te skiet. Die karkasse is net so in die veld laat lê en is net die tande uitgeslag en kamp toe geneem om later handelspos toe te gaan.

So een keer elke drie maande is die wa en osse in die pad gesit handelspos toe waar die ivoor dan aan n Arabiese ivoorhandelaar verkoop is. Die ivoor is dan weggevoer op n rivierboot om uitgevoer te word na die Verre Ooste.

Dit het vir vyf jaar so gegaan. Sarina is deur haar ma onderrig maar het haar pa haar ook in veld kennis opgelei en geleer. Sarina het dus ontwikkel in n fyn veldkenner in hierdie tyd.

Wat presies gebeur het sal niemand seker ooit weet nie. Die jagter het, toe Sarina tien jaar oud was, sy kamp verskuif tot aan die rand van n woud wat tot by die berge in die verte gestrek het. Bedags as hy en sy draers gaan olifante soek en skiet het het sy vrou en dogter in die kamp gebly wwar die vrou vir hulle huis gehou het.

Een dag het n trop olifante besluit genoeg is genoeg en het hulle een middag laat die kamp storm geloop. Hulle het alles wat in hulle pad gekom het verpletter en verwoes. Van die werkers het daarin geslaag om te ontsnap maar is die jagter en sy vrou ook deur die olifante vertrap in hulle stormloop.

Van die werkers het na die handelspos toe gevlug en die storie daar vertel. Die manne wat gestuur is om te gaan kyk het drie dae later op n toneel van verwoesting af gekom maar van Sarina was daar geen spoor nie. Daar is oral na haar gesoek maar sy het spoorloos verdwyn.

Waarom sal niemand weet nie maar het sy die olifante se woede ontsnap en het sy van skok net begin hardloop om weg te kom van die toneel af. Sy het in die rigting van die woud gehardloop en in die woud beland. Toe sy weer uit die woud probeer uitkom het het sy rigting verloor in die ewigdurende skemer van die woud en al dieper in die woud begin indwaal.

Oorlewing is seker een van die grootste dryfvere in n mens en het Sarina besef dat sy die beste van n slegte saak moet maak nadat sy vir amper twee weke in die woud gedwaal het. As kind van die veld het sy geweet hoe om te oorleef maar van die woud het sy weinig kenns gehad. Sy het die kwetterende ape in die bome begin dop hou. Teen hierdie tyd was sy omtrent net n verflenterde geraamte en het sy van die peule en vreemde vrugte begin pluk wat hulle eet om van te eet. Alhoewel veldkind was sy onbekend met die plante in die woud Water was volop en het sy gesorg dat sy naby die rivier wat sy in die woud ontdek het bly. Sy moes net versigtig wees vir die krokodille maar die was nie vir haar vreemd nie. Sy het geweet waarna om te kyk om hulle te vermy.

Die ape het haar naderhand aanvaar en as deel van die trop beskou. Van die groot mannetjies het ook vir haar begin kos aandra en het sy weer begin lyf kry. Die verflenterde klere het sy weggegooi en vir haar van die groot blare n rompie geprakseer. Met niemand om te sien nie het sy met n kaal blolyf rondgeloop in die geweldige hitte ten spyte van die muskiete wat haar gedurig aangeval het. Snags het sy tussen die ape in n boom geklim om daar te slaap dat hulle haar kan beskerm teen roof diere.

Die woud vorm n blaredak oor die grond en ook as dit reën het sy onder n boom gaan skuil onder haar blare sambreel wat sy geprakseer het.

Sy het n slag erg siek geword van koors maar het n aapwyfie, wat haar kleintjie aan n luiperd moes afstaan, tot haar redding gekom. Sy het Sarina gemaak aan haar drink en dit was Sarina se redding. Met hulle natuurlike imuniteitstelsel teen die koors het Sarina se liggaam deur haar melk ook n imuniteitstelsel opgebou.

Dit was Sarina se lewe vir twee jaar tussen die ape met die kleurryke voëls en klein diertjies as geselskap saam met die kwetterende ape. Sy het roofdiere geken en het geweet hoe om hulle te vermy. Daar was net n slag of wat wat sy n onderonsie met een van die dodelike adders in die woud gehad het maar het haar veldkennis haar gered en het sy hulle ook vermy.

Die soektog na Sarina is later laat vaar. Na omtrent twee jaar se swerwe deur die woud saam met die ape het sy vir die eerste keer weer mense gesien. Dit was jagters van n primitiewe stam wat in die berge bly wat soms in die woud kom jag het. Wie die meeste verbaas was toe sy in hulle vasloop sal niemand weet nie. Wat sy nie geweet het nie is dat hulle toordokter voorspel het dat hulle n wit koningin gaan kry. Toe hulle dus vir Sarina sien het hulle gedink dat dit die toordokter se voorspelling was wat nou waarheid geword het. Hulle het dadelik op hulle knieë voor haar geval, hulle blaaspype neergelê, en hulle hande na haar toe uitgestrek.

Sy het inboorlinge geken en het dadelik besef dat hierdie inboorlinge geen kwade gevoelens het nie. Sy het aan die een wat soos die leier lyk geraak en hom gewys dat hy moet opstaan. Hy het n bevel geblaf en het hulle n kring om haar gevorm.. Die leier het gewys dat hulle moet gaan en het Sarina.uit nuuskierigheid begin saam loop, nie dat sy n keuse gehad het nie.

Die ape was glad nie tevrede hiermee nie en het rasend en kwetterend van boom tot boom saam getrek maar kon niks doen nie.

Hulle het die nag in die woud oornag en die volgende dag die woud verlaat om die berge in te trek. Sarina het gou besef dat sy nie n kans het om te ontsnap nie en het maar saam geloop. Die ape het ook by die rand van die woud die aftog met hulle saamtrekkery geblaas. Vir die eerste keer in n lang tyd het Sarina die son gesien want in die woud was die blare so dig dat die son omtrent nooit daar geskyn het nie.

Laat die middag het hulle by die inboorling stat gekom. Teen die berge het hulle by n nou kloof gekom en toe hulle daardeur is het die vallei tussen die berge daar gelê.

Sarina se teenwoordigheid het groot konsternasie veroorsaak. Vir die inwoners van die stat was dit die eerste keer dat hulle iemand met n wit vel sien. Hulle het op n eerbiedige afstand gebly maar dit het gekwetter soos hulle haar bespreek..

Sarina het maar doodstil bly staan en die wêreld beskou. Al die inwoners het net sulke lende voorskootjies van diervelle aan gehad. Die hutte was van klippe gebou en baie eenvoudig behalwe vir die hoofman se hut wat ryklik versier was met n soort verf.

Die ringkoppe het dadelik vergader en is die toordokter nader geroep. Met groot bravade het hy op en af gespring en allerhande geluide gemaak. Aan die einde van hierdie vertoon het hy voor Sarina neer geslaan. Asof dit die teken was waarop almal gewag het het almal voor haar neergeslaan.

Sarina het dadelik besef wat aangaan. Hulle beskou haar as n soort god of koningin en sy moet die situasie uitbuit in haar guns.

Sy het skielik hard gepraat en haar arms in n soort seëngroet omhoog gehou. Dit was n groot versugting wat deur die inboorlinge getrek het maar nou was daar n groot kommunikasie probleem en is daar eers gebaretaal gepraat.
Haar blareromp was nou al redelik verwelk en verskeur en was n kleding stuk nou haar eerste prioriteit..Sy het na een van die jong meisies toe gestap, haar regop getrek en na haar kledingstuk en toe na haarself gewys. Die gebaar het hulle goed verstaan en is daar dadelik vir haar n kledingstuk gebring.

Op een van die vure was n heerlike brousel aan die kook en Sarina het gevoel sy is nou honger. Sy het na die pot gewys en na haar maag. Die hoofman het opgestaan, haar aan die hand geneem en haar langs hom op die boomstomp gemaak sit. Dadelik is daar vir haar van die brousel in n houtbak geskep en vir haar gebring saam met n kalbas met n vloeistof daarin. Vir Sarina het dit soos n koningsmaal gevoel, veral die vleis want dit was die eerste keer dat sy vleis in twee jaar ge eet het.

Met sonsondergang is n dansery op tou gesit. Tromme is tevoorskyn gebring en is daar begin om te dans. Sarina het die dansery n rukkie dop gehou en toe saam begin dans. Met die groot opgewondenheid tussen die inboorlinge is daar tot laat de nag gedans en met slaaptyd moes Sarina in die hoofman se vroue se hut saam met hulle gaan slaap.

Die volgende dag is in alle erns begin om vir Sarina haar eie hut te bou en toe die voltooi is kon sy na n paar dae intrek in haar ryklik versierde hut.

Sarina het gou besef dat haar woord wet is en dat die inboorlinge haar aanbid. Sy het ook haar eie lyfwag, Xanu, gekry wat haar soos n skaduwee gevolg het. Hy het haar hulle taal met sy ryke klanke geleer asook al hulle gewoontes. Al wanneer hy nie naby was nie is wanneer sy in die kuil onder die waterval gaan bad het saam met die ander jong mesies van die stam.

Sarina het groot meisie geword. Iets van haar ouers se opvoeding het deurgeslaan en wou sy nie meer kaal bolyf loop nie. Sy het lank met die hoofman oor hierdie onderwerp gesels en hom gou oortuig dat n koningin nie so voor haar onderdane verskyn nie. Die gevolg was dat die vrouens dae lank aan n rok gewerk het en vir haar n pragtige rok van dassievelle wat eers sag gebrei is en toe aan mekaar gewerk is.

As hulle koningin het Sarina werklik onder primitiewe omstandighede n koninklike lewe gelei en het sy in n beeldskone meisie ontpop. Sy was so agtien jaar oud toe sy begin agterkom het dat sy hunker na iemand van haar eie mense. Sielsgenoot wat haar koninkryk met haar kan deel en ook vir haar n man kan wees want haar liggaam het ook hunkeringe

Na n lang bespreking met Xanu en die hoofman is daar besluit om iemand te soek. Sarina het hulle mooi laat verstaan dat sy net vir hulle geleen is en dat sy eendag na die voorvader geeste sal terug keer. Dan moet daar iemand wees om haar troonopvolger te wees anders gaan hulle wees agter gelaat word.

Toe begin die soektog in alle erns en dit is waar die legende van Sarina sy oorsprong gehad het.
Verkenners is na die jagvelde toe gestuur en elke slag is Sarina laat weet om te kom kyk. Sarina het dan deur die woud saam met die jagters getrek en aan die rant van die woud vertoef tot dit nag is. Dan het sy so stil soos n kat die slapende jagter gaan beskou. Hierdie besoeke het natuurlik nie ongesiens verby gegaan nie en het van die draers haar gesien. Die storie van die blonde vrou in die dassievelrok is oorvertel maar na vele besoeke in die nag kon Sarina nie iemand vind nie. Net die legende van Sarina het begin rondloop want toe die ou handelaar by die handelspos die storie hoor het hy dadelik geweet wie dit is en die storie vertel van die trop olifante en Sarina wat verdwyn het.
Drie jaar lank het Sarina gesoek en toe kom Henri de Waal op die toneel.

Henri was n navorser en het aan die rant van die woud kamp opgeslaan om van daar af in die woud in te werk. Die berig van sy aankoms het die stat spoedig bereik en is Sarina saam met die jagters weg om te gaan kyk of hy geskik is.
Die nag toe Sarina afkyk op die slapende Henri met sy halfnaakte liggaam en deurmekaar swart hare onder die muskietnet, flou verlig deur die fakkel in haar hand, het sy geweet dit is hy wat sy soek maar hoe om hom by haar koninkryk te kry.

Sy het lank vir Henri gekyk en iets het hom seker wakker gemaak want toe hy sy oë oopmaak kyk hy in die mooiste paar blou oë vas en n bree glimlag wat oor haar gesig breek.
Sy het weggedartel en Henri het vervaard opgevlieg en agter haar aan beweeg. Sy het hom dieper die woud ingelok tot die kring jagters om hom gesluit het. Henri het nie n keuse gehad nie,. hy moes saamgaan.
n Week later het van sy draers by die handelspos gekom en Henri as vermis aan gegee. Die manne wou dadelik n soek geselskap reël maar die ou handelaar het vir hulle gesë dat dit nutteloos is, hulle sal hom nie kry nie. Op hulle vraende blik was sy antwoord; “Sarina het hom kom haal en hy is by haar”.

Wat niemand geweet het nie was dat Sarina op daardie oomblik met Henri by die waterval gesit het want nadat hy Sarina se liefde leer ken het wou hy ook nie weer terug gaan nie.

Sarina en Henri is ook nooit weer gesien nie.
Al een wat geweet het dat dit goed gaan met hulle was die ou handelaar want van die berg inboorlinge het skielik by die handelspos opgeduik om velle te kom verruil vir duidelik beskaafde verbruikers items




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed