sfeer van seën – (Silwer)
sfeer van seën – (Silwer)
een gemene faktor deel elk’ mens:
dieselfde planeet vir bestaansdeug
van eerste veerligte asemteug
tot laaste loodsware vaarwel-wens
hoe vrygewig is jou atmosfeer
in fyn balans gesinchroniseer
uit jou skoot voed jy menige gul
elk’ plant wat in water of grond groei
elk’ wese op land en see geskoei
word deur jou vrywilliglik gevul
hoe belonend is jou biosfeer
waar terra en hemel mee trakteer
© Retha van Deventer, 30 April 2025.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir April 2025 – AARDE projek