Jongste aktiwiteit:

Sien Jou Weer!

Sien Jou Weer!

Afskeid is nie ‘n vriendelike woord—
Soms is dit ‘n tydelike kort afskeid
soos werktoe en terug, maar soms
is dit ‘n lang afskeid of permanent
soos met emigrasie ,
maar lank of kort,
die weersiens is onseker en die lighartige
sien jou weer is soms om nooit weer te sien
want die noodlottige botsing
was net om die draai en
die sien jou weer was die finale groet—
Die noodlottige hartaanval
was so skielik en onverwags skaars weg
en die sien jou weer was die finale groet—
As jy dan by die oop graf staan of
die kissie met as ontvang, het afskeid
sy slagoffer wreed uit jou hart geskeur,
en stap jy alleen terug na jou motor en
begin die aanvang van ‘n eensame pad
vorentoe, itens aangevoel op pad huistoe—

Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed