Jongste aktiwiteit:

Sirkelgang (Opdrag 5)

geel damp die stof
in die laatlig van die son
– poeiergoud –
warrelend om en om

soet geur van saagsels
talm in die lug,
galmend nog die saaglem
se skrille krete
of was dit dié van bome,
oopgekloof

jaarringe
in sy oë getatoeëer
sirkelgang van dood
… en dié van nuwe lewe

©Estelle Rubow
06/08/2018




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed