Skilderwoorde
Ek skilder vir jou, sonder verf en kwas,
Sonder kleur of pallet.
Ek skilder vir jou met letters getap,
Uit die diepwees van mensfles.
Drup ek ink op papier
Met woordsliriek
Vou ek dit in, tussen blaaie,
Vasgevang op boom se bas.
Om jou siel aan te raak,
Met die mag van woorde
Jou verlief te maak
In jou taal se akoorde.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.