Jongste aktiwiteit:

skim

 

 

haal die skif af

die skille van jou oë

laai die skugter terug

leef die bromanse af

gee weer net jouself

jou opgesmukte gesig

verraai jou binneste

diep onder skuil

die mooie jy

 

moeder is weg

vader is ook weg

weeskind is ek nou

maar binne nog ek

waarom woeste wind

kan ek nie maar bly kind

net speels my lewe slyt

kannaliseer dit wat pla

vergeet en vergewe

 

op die wind

oor my duin kom dit

die geluid van ‘n kind

wat smekend snak

haar klanke verswak

ondeurgrondelike

dieptes van smart

hoe lank nog

kan jy staan

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed