slaap
wat is slaap ‘n soete ding
vir die sieke is dit ‘n kuur
vir die eensame ‘n verbeeldingsvlug
vir die digter ‘n handbook vol herinneringe
vir die wat onseker is ‘n vreesaanjaende ervaring
vir die oues van dae, net maar nog ‘n paar ure wat verbygaan
slaap is ‘n uitvloeisel van: geloof, hoop en liefde
om jouself in Jesus se hande te vertrou
terwyl jy onbewus van alles
net slaap
©Teárlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek