TOE ONS NOG KINDERS WAS
“Kinders was nog kinders, toe ons nog kinders was “, heet die liedjie wat baie van ons vandag nog sal onthou.
As ons kyk na die kinders van die twintigste eeu lyk die prentjie drasties anders met tegnologie en alles wat daarmee gepaard gaan.
Ons sou ‘n interessante debat daaroor kon voer.
Kom ons onthou ons unieke era van grootword.
Ons kan nou die onthou jy nog, speletjie speel.
Onthou die telefoonhokkies wat jou geld ingesluk het .
Die poskantoor tannie wat die pos in die posbusse gesit het.
So “hop-scotch” ons oor dekades terwyl ek my kettie onthou met die albasters. Het die eerste dag in graad een alreeds ‘n pakslae daaroor gekry.
Ons het name, diere en dorpe gespeel en slangetjies en leertjies.
Wie van julle het aan die wasgiedlyn gehang en al in die rondte gedraai ?
Ons het kleilat gegooi en in die reën en modder gespeel en maesels en pampoentjies bymekaar aangesteek.
Wegkruipertjie was die lekkerste en ek Glo ons het donker kamertjie gespeel om te oefen vir hedendaagse kragonderbrekings.
Ek het huisgenoot se “centre spread” teen ons kamer mure geplak en ‘n vulpen gebruik om verandering te maak anders as vandag se “photoshop”.
Ons vriende het saam by die parkie ontmoet en daar het jy jou klasmaat uitgedaag tot “n twee geveg.
Jy’t jou bloedneus afgevee en blad geskud. Glad nie hofsake of kwaai vriende nie, nee inteendeel was dit die ouens wat die beste vriende geword het.
As jy laat was vir ete het jy nie kos gekry nie en saterdag het die seuns die gras gesny en meisies het in die huis gehelp.
Ons het “walkmans” gehad en het mini rompies en platform skoene gedra.
Laaste maar nie die minste nie, onthou julle die rubber pakkie van jou ma, wat jou ore gou oopgemaak het en van jou ‘n top atleet gemaak het as die eerste hou val ?
Onthou julle nog……
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek