Slaaploosheid
Tussen die vrolike vertrekke -van my lewenshuis
waar liefde, geloof, geluk gedy
lê ‘n monsterkamer in mure vasgevang
wetend dat tydens donker ure van die nag
die tobgedagtegange van my brein
die sleutel word om dit oop te sluit.
Dis dan wanneer ek in wanhoop verdwaal
en twyfel se seekat-arms my vang;
donker denke my gedagtes verdof
en ek van God verlate, alleen op aarde
afwaarts spiraal in ‘n tydlose ewigheid
sonder begin, sonder einde
as die monsterkamer sy ware kleure wys
my insluk, verorber om weer uit te spoeg
as die oggendson my lewenshuis verlig.
Elna Kruger 2019
Kopiereg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.