SLANG IN DIE PARADYS HOOFSTUK 2
SLANG IN DIE PARADYS junie projek
HOOFSTUK 2
DIE OOGKLAP MAAK SY OPWAGTING
“Weet jy kindjie,” Mary kyk na die meisie wat werk of haar lewe daarvan afhang. In die tyd wat sy hier is, sit sy nie ’n oomblik langer as wat sy moet nie. “Jy dra regtig baie goed. Ek wil net nie dat jy solank op jou voete moet wees nie, jy het al veel meer gedoen as wat van jou verwag word,” prys Mary haar. “Gaan sit nou eers bietjie daar in die buitelug, ek wil jou nie weer vandag sien nie,” beveel sy.
“Dankie Suster, ek sal dit geniet, ek is onder die vyeboom as hulle my soek.” Dankbaar vir die breek
***
Geskok laat Wiilie amper die pakkies val. “Hemel dis mos sy wat daar sit! Verwag sy? Vir ’n oomblik is hy skoon uit die veld geslaan en bly doodstil staan.
“Middag Willie, wat lyk dit of jy ’n spook gesien het?” Vra Dol. “Dankie vir die pakkies, ons gebruik jou nou so baie ons kan jou net sowel permanent aanstel,” groet sy.
“Is hier dan ’n vakante pos?” Hy’s ene belangstellend.
“Maande lank al jong, lees jy nie die koerant nie. Stel jy belang? Dis regtig harde werk hoor, alles wat met instandhouding te doen het.”
“Ek soek lankal iets anders en dit val net mooi in my lyn, moet ek iets invul?” Sy gedagtes is egter onder die vyeboom.
“Willie, waar dwaal jy jong, jy is myle ver weg. Hier’s die vorms,” Dol kyk hom ondersoekend aan. “Die Raad sit oor drie weke. Die aansoeke sluit oor twee weke.” Sy hoop regtig hy’s ernstig.
“Dankie tannie, totsiens,” groet hy. So, dan is dit waar sy is, as ek hierdie werk kry sal ek naby haar wees, dink hy tevrede. Fluit-fluit klim hy in sy bakkie, verlig, hy het haar die hele tyd gesoek, “ek het haar gekry!” Juig hy, heng hy het haar vrolike gehol op die strand gemis.
Sy lyk so rustig, ek wens ek kon haar vertel ons het die bliksem vier weke na die aanval op haar, op heterdaad betrap. Ja, ons het hom goed opgedonner voor ons hom aan die polisie oorhandig het, glo my.
Ons was ook net betyds!” Die tweede meisies kon darem ’n klag lȇ, al kon hulle ook niks onthou nie, net hulle wou gaan swem het. Volgens die polisie was daar weke tevore, ook ’n meisies op die strand gevind, Sy is dadelik kliniek toe ge-neem, en haar besonderhede en data is bewaar al kon sy ook niks onthou nie.
Toe hulle die man vang net voor hy die laaste meisie wou verkrag, het hulle sy DNA met die van die ander meisies vergeleyk… en hulle het hom. Eintlik moes hulle hom sommer ontman het, die wetter…
***
“Oo, ek het nou net die aardigste kramptrekkings oor my maag… nou is dit weer weg…”sê Amara agstig.
“Ag hoe wonderlik, is dit die eerste maal dat jy dit voel?” Dol is so opge-wonde mens sal sweer dis sy wat verwag.
“Nee, maar nog nooit so erg nie,” ’n verbaasde Amara gaap haar aan en vryf saggies oor haar maag.
“O, hy het hom nou net lekker gemaklik gedraai. Hy sal nou meer gereeld woelig wees, dis darem wonderlik!” Kom die verduideliking.
“Ek is bang Tannie, wat gebeur nou?”
“Nou geniet jy dit net, pas jouself op, want jy dra ’n kosbare pakkie,” kom ’n hartseer antwoord.
Sy ontvang die hoop pos en begin die sorteer:- “Wie sou nou vir my pos aan-stuur,” vra sy verwonderd. “My laaste salaristjek is maande gelede al betaal?” Verbaas staan sy met die geld in haar hand. ’n Bedrag van ’n duisendrand kontant, geen naam of adres, nie eers ’n posstempel nie? “Ek kan dit mos nie aanvaar nie!” sy staan met die koevert in haar hande en verbleek aansienlik. “Soveel kontant?” Staar sy na die begrag in haar hand.
“Hoekom nie?” Vra Suster Mary.
“Wie sou dit wees, hoekom nou skielik?” Amara kry nog nie haar agterdog af geskud nie.
“Nou my kind, sit jy dit in die kluis en wonder nie verder daaroor nie. So ook het die Israeliete nie geweet hoe die Kwartels uit die hemel val nie?” Lag Mary.
“Dankie Jack, sit maar neer,” bedank Dol die bode.
“Mense maar jy is populêr, kyk net die pragtige ruiker,” roep ’n kollega die vol-gende dag uit. Kaartjie sê net, “Amara.”
Wat se geheimsinnigheid is dit diè? Amara kyk verward na die ruiker, weet hy dat sy hier is? Wonder sy. “Ek smyt die ding sommer in die asblik!” Sê sy. “Sit dit maar daar eenkant.”
“Jy het beslis ’n bewonderaar,” skimp die kantoorstaf.
“Wie is die geheimsinige handyman? Hoekom sien ek die man dan nooit nie? Ek maak net altyd die salaris inbetaling vir mnr. Willem Beukes uit, maar het hom nog nooit met ’n oog gesien nie?” Vra Amara agterdogtig.
“Hy is maar baie inkennig vandat hy in die ongeluk was en hou hom maar by homself as hy nie besig is nie. Jy hou jouself ook maar skaars, hy was al ’n hele paarkeer in die gebou. Vra nogal gereeld hoe dit met die nuwe dame gaan.”
“Wat weet hy van my af?” Steeds agterdog.
“Het jy nog nie agtergekom ons is hier almal net een groot familie nie?” Lag een van die staflede.
Die geld en blomme wat nou skielik gereeld naamloos hier aankom pla haar nog altyd. Henk weet nie waar sy is nie want dan was hy lankal hier, sy het haar foonnommer verander, so wie sou nou weet waar sy is? Niemand skuld my iets nie? Sy bly agterdogtig…
“Wees dankbaar, sien dit as ’n voorsiening van Bo, jou gesig straal te pragtig as daai ruiker kom, jy geniet dit, stry?
As die manna val, dan skep ons en vra nie vrae nie, my kind” haal Mary die bybel aan.
***
Suster mary het haar nou verbied om verder te werk, maar wat maak sy met haarself sy het nie eers wol om te berei nie, sy sal vir tannie Dol moet vra dat hulle dorp te gaan om klere vir die baba te kry. Sy sal maar stap…Probeer uitvind wie die geheim-singe handyman is, as sy dit nie mis het nie, is dit van om en by daardie tyd dat al die geheimsinge almoese en ruikers begin instroom het. Hoekom?
Wel, ek het nou die hele werf vir die soveelste keer omgestap en nog nie een-keer die wonderlike ‘handyman’ te sien gekry nie, dalk is hy die skim, mompel Amara. My voete …sy swik.
“Ag Vader tog! Hoe kom ek nou hier op, hoekom is ek so duiselig…?”
***
Sy lyk so broos, kyk hoe vryf sy oor haar maag, sy streel seker die kleintjie. Ek won-der of die wiegie wat suster Mary bestsel het vir haar is? Die onsekerheid moet haar opvreet, as hy haar net kan vertel dat die vent darem blank is. Willie wat haar op ’n afstand staan en bewonder, sien wat gebeur
Hy smyt als waarmee hy besig is neer, en binne minute is hy by haar. Hemel tog, sy’t geval, hoekom is sy so stil? “Amara! Amara!” strand meisie, word wakker! Roep hy, geen reaksie. Eers haar pols voel, dankie tog sy haal asem. Laat ek haar met my baadjie toegooi. Gou die Kliniek oor die radio roep! Sy brein werk oortyd…
“Kliniek…suster Mary kom in…kliniek…”
“Brand die gebou af willie?”
“Tannie…tannie, Amara het geval naby die vyeboom, sy’s uit soos ’n kers… sy haal asem, stuur gou die ambulans, maak net gou asseblief!” Die radio suis net in sy oor en binne minute kom die ambulans om die hoek.
“Yes’ Suster, ek het nie geweet u kan so jaag nie, en tannie …”
“Daar’s nie tyd vir praat nie jongman, kry die draagbaar uit, en help optel, ver-sigtig net, hier’s jou baadjie terug, gee daai kombers aan.” Versigtig gooi sy die meisie toe.
“Eina,” kreun sy.
“Ek waai nou,” sȇ Willie benoud.
“Waarheen? Kom help Willie dat ons haar gelaai kry,” beveel Mary.
“Jy,” kreun Amara en probeer opkom… “Waar kom jy vandaan, agtervolg jy my?” Huig sy.
Ja dis ek, lyk my ek moet jou nou maar permanent oppas, want elke keer as ek jou kry is jy uitgepas.”
“Jy was daar, die seepreuk?”
“Ja ek het jou daar op die strand gekry, gewonder wat maak jy so laat daar en toe besef wat met jou gebeur het…” Hy kom nie verder nie.
“So jy weet al die tyd! Wie is jy? Was ek kaal…? Skree sy amper. Hoehom weet ek nie hoe ek in my kar…? Hoekom werk jy dan nou hier, agtervolg jy my?” Kreun sy en sak terug.
“Amara, hoekom is die lug blou? Stop nou die gehoekoms vir later,” beveel Suster Mary.
“Dis die handyman van wie ek jou vertel het my kind, en wàt sal hy nou weet. Ons praat nie uit nie!” Dol staar haar verbaas aan.
“Kom, ons mors tyd, laat ons gaan kyk wat die skade aan daai enkel is,” vat Mary saaklik oor.
“En mÿ baba Suster?” Vra sy bekommerd
“Hý’s veilig, joù baba, hý’s veilig,” lag Dol gelukkig.
“Tannie hoekom werk Willie oogklap nou hier, agtervolg hy my? Ek herken daai seepreuk aan hom, hy was daar daardie aand.” Sy haal skaars asem.
“Amara dis miskien waar, maar Willie werk al van lankal af tyddeels vir die kliniek, hy het nou kort eers permanent hier begin. Ek dink julle moet die ding uit-praat, om iemand van so ’n wreedheid te verdink, en dit van Willie? Nee my kind, dit kan ek nie glo nie.”
“Ek sê nou vir Tante:- ek sal daai skoon seepreuk nooit vergeet nie. Dis al wat ek kan onthou, en nou is hy hier!”
“Daaraan gaan ek nou ’n einde maak, kalmeer nou. So kan jy jou nie lê en bekommer en opwerk nie, dis nie goed vir jou of jou baba nie.”
***
Die kamerfoon lui en Dol antwoord, “Amara se kamer.”
“Dankie vir die nommer tannie, hoe gaan dit met haar, het sy sleg seer ge-kry?”
“Nee Willie, deur die genade net haar enkel, sy sal so ’n paar dae van haar voete af moet afbly.”
“Ek is bly om dit te hoor, stuur groete asseblief.”
“O nee luister, ek wil hê jy moet vanaand kliniek toe kom as die staf huistoe is, daar is iets wat ons moet opklaar.”
“Nee Tante, u weet ek gaan nie uit nie,” stribbel hy teë
“Dis ’n bevel Willie, jy sorg dat jy vanaand so sewe uur hier is, duidelik? Sien jou dan,” sy plaas die foon terug in die mikkie.
“Goed so, totsiens,” dis ’n verbaasde man wat in ’n dooie foon praat en dit stadig terugplaas.
“Waar kry hy my nommer?” Nou is sy eers agterdogtig.
“Toemaar jong, ek het dit vanmiddag vir hom gegee, en nou is ek bly ek het,” antwoord Dol die benoude kind.
“Kom in, Willie, en moenie so verskrik lyk nie. Ons het gekook en gaan jou beslis nie vir aandete opdien nie hoor. Jy lyk darem te spoggerig hoor. Ons sien jou altyd net in jou werksklere, kom sit solank,” nooi Dol.
“Kom ons maak jou netjies Kindjie, jy moet nie nou opstaan nie, Willie is hier, ek sal hier wees as jy my nodig kry, maar julle praat vanaand nog die ding uit.
“Wat moet ek vir hom vra? Ek onthou net die reuk van die seep?”
“Jy sal weet, die woorde sal kom,” troos Dol.
Amara sak terug teen die kussings en haal ’n slag diep asem.
“Kom in Willie, die dame wag,” nooi Dol. “Laat ek julle nou formeel aan me-kaar voorstel.”
“Amara dis nou ons nuwe nutsman Willie Beukes. Ons het hom ontmoet na sy ongeluk, hy’t ’n tydjie lank hier by ons aangesterk. Jy ken natuurlik Amara Dreyer nȇ? Nou los ek julle eers en loop maak iets om te drink.” Sy trek die deur toe.
“Verskoon die oogklap en doek, probeer dit maar miskyk, hoe voel jy, dis nou die tweede maal dat jy my so laat skrik.”
“Mens sien dit nie eers raak nie, dit gaan goed met my, maar asseblief, wat het daardie aand op die strand gebeur, en hoekom onthou ek net jou reuk?”
“Mag ek maar sit?” Vra hy beleefd.
“Ag natuurlik, waar’s my maniere.”
“Ek het daardie aand laat twee visse gevang…,” begin hy.
“Amara, ek bewonder jou al van daai eerste dag af, toe jy met jou tone so in die natsand rond gegrawe het.” Sluit hy sy vertelling af… “Jy en visvang, het die hoogtepunt van my bestaan geword.” Hy merk die verrassing op haar gesig.
“Na die ongeluk het ek my ontrek van die samelewewing. Ek was so terleur-gesteld as jy die dag nie opdaag nie.” Hy haal ’n stuk koerant uit.reksel uit sy hemp-sak en oorhandig dit aan haar. “Lees self dan sal jy verstaan hoekom ek vandag hier is,” hy kyk haar teer aan.
*
“Man op heterdaad betrap na aanranding en verkragting van verskeie dames op Alkantstrand,” begin sy hardop lees. “Erg beseerde boef is gevange geneem en aan polisie oorhandig. drie van die dames is gelukkig dadelik kliniek toe geneem. Al kon hul niks onthou nie, is hulle DNA gebêre en met verhoor vergelyk met die van die aanrander.”
Vir ‘n oomblik proe sy weer die soet smaak.
Hy is tot lewenslank gevonnis vir die verkragtings, vir die besit van verbode middels en die toediening daarvan, aan onwillige minderjariges. Hy is van Portugese afkoms. Hy word na sy straf van vyf-en-twintigjaar, gedeporteer.”
***
Skielik begin sy hakkel, gryp dan na haar buik en gee ‘n ligte kreun! Dol storm die kamer binne.
“Amara bedaar, wat’s hier aan die gang, moet Willie loop?”
“Nee, nee ek wil alles hoor, alles, nou weet ek darem van watter ras hy is, wat gebeur toe? Tannie kan maar bly as jy wil” Sy ontspan weer na die kramp.
“Nee kinders, klààr julle dit maar op, ek bring iets te drinke.”
Weer hou sy haar asem op, die pyn, is dit skok of verligting? Stadig laat sy haar asem weer uit.
“Is jy oukei jong, jy’s bietjie bleek, water?” Hy oohandig ’n glas met koue water aan haar. “Vat eers ’n slukkie. Daar het jy nou die hele storie, toe ek jou die dag hier sien, het ek amper flou geword.” Hy sit sy hand op hare. “Ek het so na jou gesoek, niemand kon my sê waarheen jy is of wat van jou geword het nie,” hy skud sy kop ’n slag, “ek was uit my vel toe ek hoor van die vakantpos hier.” Hy glimlag half skeef asof hy nou-nog nie sy geluk kan glo nie.
“Die ruikers en die geld?” Vraend kyk sy hom aan, “is dit jy?”
“Wel” ek kon nie vir die vrou vir wie ek lief geword het, self blomme gee nie en die kleinding gaan ’n paar goedtjies nodig kry, dink jy nie ook so nie?” Die skewe glimlag om haar mond maak hom sommer lam.
Amara staar hom verwonderd aan. “Dankie Willie jy het my lewe gered. Mis-kien hou ek nie eers die baba nie,” gaan sy aan. “Mag ek jou nou iets vra…?”
“Vir wat wil jy die kleinding weggee?” Val hy haar geskok in die rede. “Ons kan hom mos saam grootmaak!” Hy kyk haar vraend aan. “Nee jy kan dit nie doen nie!” Beveel hy so asof hy ’n sȇ het. “Jy wou my iets vra?”
“Haal die doek af sodat ek jou hele gesig kan sien. Kom nader asseblief, dan ken jy my pyn en ek ken joune,” sȇ sy sag.
“Wil jy nou ’n bespotting van my maak,” vra hy gesmoord en tree terug.
“Vir wat sal ek so iets aan my redder wil doen? Ek wil net sien hoe my wel-doener lyk sonder sy masker, jy het my op my naakste gesien, en verdoem my nie, hoekom sou ek jou wil bespot?”
“Is jy seker jy sien kans in jou toestand?” Hy’s nie seker hoe sy sal reageer nie en of hy dit moet waag nie.
“Kom nader,” nooi sy, hy tree nader en buk vorentoe, sy trek die knoop agter sy kop los en laat die doek afgly. Teer begin sy oor die riwwe wat oor sy gesig en nek lȇ streel, dit voel so sag, so manlik.
“Jy’t mooi oë en pragtige hare, gooi weg die doek, ek verstaan van die oog-klap. Ek is seker hulle kan later iets daaraan doen?” Vra sy saggies.
“Mag ek jou maar teen my vasdruk, so lankal begeer ek om jou te troos,” hy trek haar teen hom aan. Sy stribbel nie teë nie. “Kom nader, mag ek jou soen?” Streel hy oor haar hare.
“Ten spyte van wat met my gebeur het, dat ek tweedehands is?”
“Sȇ dit nóóit weer nie!” Waarsku hy streng. “Soen my net en bly stil, jy is pragtig.”
Die manlike reuk van skoon seep styg in haar neus op, as sy arms om haar gaan.
Dol kom in met verversings en laat die skinkbord amper val.
“Dankie Vader, ek het geweet U sal voorsien.” Sy draai net daar om en stap terug kombuis toe.
“Sal jy geduldig met my wees? Dis dalk moeilik om weer te vertrou.
“Jy moet net een ding onthou Amara, niks van die hele gemors is jou skuld nie. Ek en Isak het hom ingewag vir dae, en toe ons hom uit eindelik betrap het ons hom goed opgeneuk glo my, voor ons vir Peet gebel het om hom te kom haal, hy sal vir ’n hele ruk buitewerking wees!”
“Willie, julle het nie regtig nie?” Vra sy verbaas.
“Man hy kan bly wees ek het hom nie die dag by jou gevang nie, dan sou hulle sy lyk opgetel het.” Hy hou haar styf teen hom vas, hy’t solank op hierdie oomblik gewag.
“Ag nee!” Druk sy hom vinnig weg. Nog ’n pyn volg…
“Amara, wat’s fout?” bekommerd deins hy terug.
“Roep iemand asseblief Willie, hier’s iets fout, als is nat man!” Kreun sy.
“Is dit jou baba, of jou enkel?” Vra hy benoud deurmekaar, spring op, val amper oor die stoel, ruk die deur oop en roep gang af!
***
“Vir wat gil jy so Willem? Die hele kliniek weergalm.
“Amara…,die baba…,” stammel hy is skoon uitasem.
“Bedaar mens, die baba sal nie uitval nie, gaan jy nou maar eers, laat ons kyk wat hier aangaan en die doek? Dit lyk goed hoor,” vlei Dol.
“Amara, ons gaan hom saam grootmaak nè?” Hy staan in die deur.
“Wie sȇ dis ’n hom, sien jy dan nog kans? Sjoe!” Kreun sy
“Uit is jy Willem, loop maak daai krane in die waskamer reg, ons is besig,” jaag Dol hom uit.
“Ek sien Willie is sonder die doek hier uit, is dit nou skok?” Verwonderd kyk Suster Mary hom agterna.
“Dis wat die liefde doen my Sus, nou’s die baba hoeka ook haastig,” lag Dol hartlik.
Suster Mary was haar hande en begin met die ondersoek.
“Jy’s al goed ontsluit hartjie,” kondig Mary aan. “Nou moet jy mooi luister,” Suster Mary ondersoek haar deeglik.
“Kom ek vee die sweet bietjie af, druk maar my hand hoor,” vertroos Dol moederlik. Hartseer dink sy aan haar verlies.
“Dit was nie hý nie tannie. Eina!” Kreun-lag sy deur die trane.
Suster Mary staan onder reg, en wag die kleinding in.
“Druk as ek sȇ Amara, volg die pyne. Druk dan…, wag eers vir die volgende pyn…, druk, wag eers.” ’n Skerp pyn volg.
”Nou, Amara druk…!” Beveel Mary.
“Eina!!!” Sy gil en druk tant Dol se hand styf vas.
Suster Mary staan reg om die geplooide rooi bondeltjie te ontvang wat luidskeels aankondig dat hy arriveer het.
Willie staan met sy oor teen die deur, met die laaste gil kan hy dit nie meer hou nie en ruk die deur oop. In verwondering staar hy na die toneel voor hom.
Suster Mary draai die bondeltjie toe en lȇ hom op Amara se bors. Met groot dankbaarheid streel sy oor die verrimpelde gesiggie. Hoe kon sy ooit gedink het aan weggee?
“Amara, dis òns seun nȇ, julle lyk so pragtig!” Hy staan nader en kom dan langs haar sit, vee saggies oor die nat hare en soen haar teer op haar natgeswete voorkop. “Al aan ’n naam gedink?”
Sy staar verwonderd na die bondeltjie op haar bors, kyk op na Willie en fluis-ter saggies.
“Ek dink ek gaan die voorreg vir sy nuwe pappa los, wat dink jy?” Glimlag Amara moeg, gelukkig.
Teer soen Willie haar op die voorkop en die nuwe aankomeling op sy ver-rimmelde handtjie. “Dit sal ’n groot eer wees.”
Dol begin opruim, staan ’n oomblik nog in die deur en aanskou die toneel voor haar. “U het waarlik voorsien! Sug sy dankbaar. “Dankie Here vir die groot voorreg om ’n ouma te wees! Amen.”
Marthie Joubert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek