Somer is ‘n pou
die somer elk’ seisoen word geel
en wolke grou na blou
belofte wingerdstokke groen en staan getrou
die winterreën weg gesteel
die lande lag en speel
en trotse druiwe pers en ruik soos vrou
die glans van son so pronk van pou
beleef ‘n bont toneel
onreinhede deur gifhete skoongewas
sonstale verhelder my gees
hierdie son is ‘n nuutmaking
my sonde is nie meer ‘n las
versoet my menswees
somer is ‘n verheerliking
Kopiereg: Roeline van Schalkwyk
*Omdat Poue jaarliks van hul vere verloor en nuwes weer uitkom en die geloof dat Poue se vlees nie verrot nie, verteenwoordig die Pou vir Katolieke vernuwing, die ewige lewe, opstanding, onsterflikheid en die verheerliking van hul siele in die hemel. Poue kan giftige plante eet en niks oorkom nie, asook is hul immuun teen slangbyt. As gevolg hiervan, glo Katolieke dat die bloed van Poue bose geeste kan verdryf en ook bakterië kan vernietig en slangbyt en siektes kan genees. Die vere is vir hulle ‘n simbool van onverganklikheid.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.