Sou my huis kon proe
Sou my huis kon proe
Soos my ouma sin!
Koester klamme beskuit
Snoesig in doeke gewin
Beskermend om arm
Die geur van kaneel
Veilig en geborge
Waar alle seer weer kan heel.
Ons hulp het verrys
Uit die reuk van skaapboud en rys
Gesondheid gegun
Uit die meer – nie die min
Melktert en souskluitjies
En more was ons beter !
Toe meng die soet en die bitter
Word asyn die eter.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.