stik
stik, stikker, stikste
plak, plakker, plakste
wak, wakker, wakste
kwak, kwakker, kwakste
kop-in-die-sand kan ek aangaan
op my duin se stikste nag, doodsdonker
heers die lug se varse geur, bedwelm dit
my miopiese bestaan, stiksienig wil ek
onverskillig, dalk domastrant stik
aan buitenste rand van lewe
soos my siel dit sien
in stukkende vlees
wees en verguis
in eie reg se steg
opruiend soms oneg
glo en probeer glo ook
soek en dalk ook weer vind
in stukke van wêreld
se stikkende gees
ėėn wees, met eens
nie meer wees
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.