Stof Reën
ń stof bank
rol oor dorre veld
en vervaal die blou lig
in rattel vensters
geraam
wind valkies
vee draai sterte
en duik vir bloekombos
die koppe sak laag
gereed vir die aanslag
in die warrel wind
lê ook my stofpad
na ń plat sinkdak
met die vensters
toegesluit
die stof sak
ouma kombers sag,
god plant grond
vir môre se
seënreën
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.