Te laat
Toe die flou son sak,
die mis verstikkend inrol oor die water
en die koue my bene binnedring,
besef ek …
dit is laat
Laat …
laat vir die dag,
laat vir langs die see sit,
laat vir oorbegin,
laat vir die voldoening van die lewe en …
laat vir alles
‘Somer kom net eenmaal in ‘n jaar
as ‘n blomseisoen verby
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.