Jongste aktiwiteit:

Musiek en my Siel

Onder die dowwe wit van ’n nuwe maan,
skaduagtig verwinterde populier takke en droё blare,
sit en luister ek, nostalgies ontbloot,
na die sovele gisters van my lewe.

Musiek … die heler van die gees,
ook die lang pad van onthou.
Die glimlag en die traan,
verweef in die vervorming van ‘n siel.

Sugar man, I wonder en Hate street dialogue,
Rodriques, onbemind so lank,
verwek verwronge beelde van …
opstandigheid en ‘n rebelse verlede.

En dan ,die laaste laatnag whiskey.
Thanks for your time,
then you can thank me for mine …
and after it’s said …. forget it.

More is die dag
om te verheerlik …
dan luister ons na Pachelbell
en jubel.

© F Jansen van Vuuren




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed