Opgewonde
ek skarrel deur dinge soos tien ton denke gryp ek elke oomblik flikker dit soos liggies speel ‘n glimlag in my soos vlinders dawwer in my binneste wriemel opgewonde prikkels stuur die seine my hart klop woes want blydskap vul my van ‘n tasbare onsigbare wesen wat my totaal en al oortrek met vele blyheid […]
Oyuki (Silwer)
Oyuki loop deur die sneeustorm, ys klou aan haar blou kimono. Die wit duisternis verberg die landskap, maar sy kan voel waar lewe probeer deurdring. Sy draai regs na waar hitte wil-wil sterker word. Sy waai haar hand en die sneeu verdwyn voor haar. ‘n Hout hut verskyn. Sy grinnik. Alhoewel die hutjies oor die […]
Blou Lig
Gloeilampe hang van elke boomtak, wat die donker bos verlig. Dit was absoluut pragtig. Die aand voel minder eensaam met die ligte daar. As ek nader kyk, kon ek sien dat die gloeilampe eintlik feetjies is. Nie soos Tinkerbell nie. Hulle was soos mense in vorm, maar suiwer wit met kobalt-oë. Witblou lig het van […]
Patmos-palimpses (‘n villanelle)
Die woord slaan tent op onder mensvel. Ons voel sy glorie wit en blink, soos brokkies manna op ons lippe. In die begin was een multidimensionele sin. Toe slaan die woord tent op onder mensvel en gee aan die wesens hulle name. Die woord gee lig aan die wesens se oë, ons ore sug: Effata, […]
Opelug
“Dit is nie wat ek bedoel het met ‘onsigbaar’ nie,” sis Malachi. Die skare versamel om hulle en vul die amfiteater. “Ontspan, niemand kyk na jou nie,” sê Beau, leunend teen ‘n boom. “Hoekom sou hulle? Ek is korsmos!” “En?” “Ek het jou gevra om my onsigbaar te maak, nie onaangenaam nie!” Beau lag. ‘n […]
Poetsbakker
“O, almal het gedink jy’s mal,” sê die groen-gevlekte wimple-feetjie en grinnik van oor-tot-oor. “Ek bedoel, wie sou gedink het dat ‘n ridder so ‘n wonderlike sangstem sou hê?” Die dawering in Dylan se ore verdrink die musiek, die lag van die partytjiegangers en als anders behalwe Michael se gesig. Hy wou sy swaard trek […]
Kaptein
Beste leser. Ek weet wat jy gaan dink. Ek het dit self telkemale al gedink – nee – geglo. Bog. Blote waansin en onsin. Maar ek gaan jou in elk geval vertel. Dis tyd. Ek het as jong man ‘n brandende nuuskierigheid en belangstelling in die geskiedenis van oudhede gehad. Nie antiekhede nie, maar tweedehandse […]
Stompsinnigheid
“Probeer ‘n ander een. Vinnig!” sê Maggie terwyl sy rond trippel. “Ek het! Die chimera is net té sterk!” Danielle kyk na die monster moedeloos. Lawa spat na hulle vanaf die vreesaanjaende gedierte se bek en mis hulle net-net soos ‘n botsende towerspreuk die chimera in die oog tref. “Ek’s te jonk om te sterf!” […]
Tyd!
Verskeie jong dames dans oor die veld vol blomme en sing goeie môre vir almal wat hulle verby gaan. Die voëls sing saam en dit word die lawaaierigste oggend wat die wolf in ‘n baie lang tyd ondervind het. Sy regter oog spring, die oorpluisies het ophou werk toe die vierde jonge dame haar mond […]
Die wewer
Die Wewer Sy weefmasjien is ‘n moederskoot En die draadjies waarmee Hy wonders wek -vlees van vlees en bloed van bloed- magiese kodes in weefselspiraal vervleg. Die weefproduk, onvervangbaar, van groter waarde as die die mooiste mat, word in die presiesheid van die tyd tot die grootste kunswerk ooit gevleg. Van moerbei tot fetus tot […]