Heerser van die Woud
‘Ek moet met ‘n mens praat,’ dring hy aan. Ek loer vir die elf wat by die hek van die kasteel staan, nie seker of ek reg sien nie. Elfies kom nooit na mense plekke toe nie. Meesal omdat hulle verkies dat ons van hulle s’n wegbly. Net stilte ontmoet hom. Al die wagte bly […]
Adriaan Wolf se geite
Adriaan Wolf loer deur die blare na die verrimpelde tannie wat traag by die kothuis se voordeur uitkom. Sy sukkel met die krukke terwyl sy bewerig die voordeur probeer sluit. Adriaan sug. “Om hemelsnaam tannie. Dis nie so moeilik nie!” swets hy binnensmonds. Die massiewe wolf beweeg geluidloos deur die bos, al hoe nader aan […]
Gebrande Rook
‘Die versekeringsmaatskappy het ons oor jou gewaarsku.’ ‘En tog is ons hier,’ antwoord ek, nie seker waarvoor hulle soek nie. Die rook vul alles; steek alles weg; wys net dele van die storie. ‘Wat is daardie reuk?’ vra die brunet en trek haar neus op terwyl sy deur die rook tuur asof sy iets kan […]
DIE BUITERUIM
DIE BUITERUIM In die hoogste buiteruim en God jou lewe kluim ‘n donker wêreld van onhuil waar vreemde gediertes skuil ruimtes van grys en geil ons sondes skiet soos ‘n pyl gaan jy boet vir die galg en byl stemme wat aanhoudend huil in ‘n pikdonker heelal die branende vuur van hel mense in goue strate […]
Die geheim van die woud
Eendag was daar ‘n arm man en sy vrou wat in die woud gebly het met twee kinders, die een kind se naam was Klaas en die ander een Hermien. Een aand besluit die man om sy kinders in die woud in te vat en hulle daar te los, dis te moeilik om vir almal […]
Kasteel van Drome
‘Jy kan vergeet wie jy is in ‘n plek soos dié,’ fluister Tiny. Ek kyk nie terug na die reuse man nie, maar ek weet selfs hy voel klein in die biblioteek waar ons staan. Ek het onbelangrik gevoel van die oomblik toe die ligte aangegaan het. Die rakke hou aan vir ewig en bevat […]
Ontwaking van die Natuur
Dit begin met ‘n gefluister. Die wind ritsel die blare en los ‘n boodskap vir dié wat dit kan hoor. Die fluister vloei, vat en vlei totdat dit nie meer geïgnoreer kan word nie. Blomme, akkers en ander word wakker. Hulle strek en maak hul oë oop om te sien wat die wind wil hê. […]
ENGELE
ENGELE Engele wat vreugde bring Engele wat lofliedere sing in hierdie verdoemende aarde met U grootte genade met ope arms in liefde omring Groot wonders oor my gaan bring beskermde engele staan in ‘n kring geloof wat ons harte deurdring skenk ek aan U my hartseer saak dit is nou al wat ons kan maak […]
Geheime projek
‘n Geheime sending het so pas op die aarde geland, lang senerige ruimtewesens klim een vir een uit die ruimteskip. Met groot yslike oë bespiet hulle die gebied om hulle, en maak eienaardige geluide soos hulle kommunikeer met mekaar. Hulle opdrag is om soveel moontlik mense wat onder die sterreteken “Vark” gebŏre is te vang […]
GROOTTE HEER
GROOTTE HEER U is my grootte Heer U vergewe al die eina’s en die seer die wonde wat binne-in my bruis bring volkome genesing op die kruis Jesus het uit die graf opgestaan en weer na die Hemel opgevaar so dankbaar vir U in my lewe U het al ons sondes vergewe vir liefde wat […]