Jongste aktiwiteit:

Ontwaking van die Natuur

Dit begin met ‘n gefluister. Die wind ritsel die blare en los ‘n boodskap vir dié wat dit kan hoor. Die fluister vloei, vat en vlei totdat dit nie meer geïgnoreer kan word nie. Blomme, akkers en ander word wakker. Hulle strek en maak hul oë oop om te sien wat die wind wil hê.

‘Kyk. Kyk mooi,’ fluister dit.

Stadig kruip hulle nader aan die vernietiging van die natuur. Hoe meer hulle kyk, hoe meer word hulle harte gebreek. Hul trane hernieu die lewe van die grond waarop dit val.

Dit word stelselmatig ‘n gedreun. Dié wat wakker is huil nie meer nie. Dit is tyd vir aksie; tyd om diegene wat hul tuiste aanval teë te staan. Party gebruik hul wortels om die oortreders lewendig te begrawe. Ander gebruik hul gesamentlike krag om die bose te vel. Die wat wakker geword het offer hul lewens op om die aarde van mense en hul besoedeling te bevry. Bloed, vlees en been word een met die grond.

En dit eindig is stilte.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak