Jongste aktiwiteit:

Engele en vlerke

Gerrie lê op die hospitaal bed, die plafon is die paar maande sy enigste geselskap. Die kamer is effe vaaler as die vorige dag, geen blomme, geen “word beter kaartjies” nie…….. Besoektyd sit hy en verwonder hom aan die siek siele wat lewe kry, hul gesigte kry sommer kleur as hul geliefdes die kamer binne kom. Maar hy was nog nooit iemand wat tyd gehad het vir sulke tipe gevoelings nie. Jy sien sy eerste liefde was besigheid, sy passie was ‘n vet tjek rekening en sy troos was sy nuutste Land Rover!!!! Als was goed, die jare was vol partytjies, vol toere, vol mense…….wel kennise! Met ‘n diep kreunende sug trek hy homself orent, sy voete bevoel die koue hospitaal vloer, sy tone wandel tot dit die sagte bruin pantoffels voel en met een beweging gly sy voete in en hy staan pen orent. Sy half eeu lyf is seer en moeg! Sy hart dra die jare sleg, darem kan sy geld hom ‘n nuwe een bekostig!!
Hy vat die maar tree vir tree tot by die deur, met sy hand op die handvatsel, gee hy homself ‘n paar sekondes om sy asemhaling te beheer. Dit is paar minute voor besoektyd, hy gaan stap elke middag sonder dat iemand hom sien deur die gange. Sonder om oogkontak te maak loer hy by elke kamer in, om te sien……….om te voel!
Hy stoot die deur oop en staar eers die gang af, hy hoop elke slag dat iemand behalwe skaduwees vir hom sal wag. Die normale mense wandel na hul bedlende geliefdes toe, soos elke besoektyd pak hy die lang gang aan na nêrens! ‘n Paar meter af in die gang sien hy ‘n paartjie wat nuut is, hul staan buite die deur en gesels.
“Stefan……hoe gaan ons dit reg kry?”‘ Hy hoor hoe haar stem breek en sien dat die damwal besig is om ineentestort. Die gedagte is skaars ‘n herrinering toe bars sy uit! Sy druk haar kop styf teen sy bors. Hy rus sy ken op haar kop, met toe oë, loop trane by sy wange af, sy asemhaling wys dat hy alles terughou, so naby is die storm dat die drukking fyn hartseer, brandende trane laat uitglip.
Gewoonlik is hy nie so ‘nuuskierig’ nie…….onvermydelike oogkontak was gemaak sonder om oë te gebruik! In daai gang op daai middag het ‘n hartseer hart na ‘n siek hart uitgereik!
Soos hy verby stap en die emosionele gebeurtenis in die hoek van sy oog dophou, kan hy nie help om die kamer binne te loer nie. Op die bed sit ‘n meisiekind, meskien 5 of 6, op die bed. Sy dra ‘n kroon en het wit vlerkies aan wat deurmiddel van rek op haar rug bly. Sy sit op haar knieë op die bed en sing saam tot die deuntjie van ‘n storie wat op die tv speel!
Die prentjie wat vinnig verdwyn uit die oog uit wil nie verdwyn uit sy kop nie.

Die gange raak stil soos die besoekers terugkeer huistoe, masjiene neem weer oordonderend die gesprekte oor! Gerrie besluit dat hy net seker wil maak dat hy reg ‘gesien’ het. Hy loop bietjie vinniger as gewoonlik, die deur word sonder moeite oopgemaak , sy tree is goter as gewoonlik! Hy kom tot stilstand lanks die deur, hy kry sy asemhaling onder beheer, hy begin tel…..1…..2…..3 hy stap vinnig verby en sien haar. Hy stop so drie tree verder, sy oë trek skreefies, hy antwoord ‘n vraag wat nie eers op hom gerig word nie! Hy draai stadig om, neem ‘n groot hap suurstof en loop met langer tree maar heelwat stadiger verby die deur. In die helfte van die deur opening draai hy sy kop na links en vir die eerste keer in jare maak iemand met hom oogkontak, hy besef dit , sy hart gaan mal, sy uitgerekte stadige tree word omgesit in kort naelende tree. Hy kom te lande so wat drie meter van haar kamer af. Hy sak sy hande op sy knieë, uitasem. Hy trek hom-self orent, met oë toe gooi hy sy kop agteroor. Drie diep asems laat hy sy oë oopgaan, hy het vrae, so hy gaan gesels maar weer met die plafon. Maar die keer is die plafon doodstil, sy hart doen nou die praatwerk.
Hy draai om en probeer so normaal loop as wat ‘n 52jarige in hospitaal toga met bruin pantoffels kan loop. Hy los die asemhaal tegniek en mars af in die gang, hy stop by haar deur en draai sy gesig na die binnekant van die kamer……..niemand is daar, hy kyk na links en soek na regs……dol leeg.

” Hallo oom…..” Gerrie se hart val amper uit sy oop mond uit wat probeer gil maar daat kom niks uit nie, nie ‘n woord of hart nie.
In die deur opening staan sy net onder sy siglyn
“Hal…….hallo” die paar ongemaklike sekondes wat soos ‘n leeftyd voel laat hom besef hoe hy mens ontgroei het.
“My ma sê ek mag nie met vreemdelinge praat nie”
Gerrie besluit dat die dalk ‘n fout was, sy pantoffels maak 180° draai en hy vlug die gang af terug na sy kamer toe.

Die volgende oggend met die eerste duif wat in die jakaranda kraai, is sy oë al ‘n geruime rukkie wakker. Die plafon wil nie meer met hom gesels nie, wel nie soos altyd nie!!!!!
Hy rol rond, links, regs, dan op die naat van sy rug! Die rusteloosheid laat hom orent kom, iets aan die hele afêre trek hom nader soos ‘n mot soek na ‘n gloeilamp. Hy stap af na die hospitaal winkel, die koffie wat verniet is by die hospitaal is nou nie sy “cup of tea” nie. Haar deur is toe, ontbyt sal eers oor ‘n halfuur kom! Hy neem die hysbak na die grondvloer en stap tot by die winkel. Die dame agter die toonbank groet hom beleefd en begin solank sy koppie Macchiato aan die gang kry. Hy stap na die koerante toe, hy neem een en draai terug na die toonbank toe. Soos hy na die toonbank toe stap vang sy oog ‘n rak vol inkleurboeke aan sy regterkant! Dit bring hom tot stilstand…………hy neem die koerant onder sy arm uit en bekyk die voorblad, hy begin sy kop skud en kyk op na die dame agter die toonbank. Sy wat verward lyk glimlag maar beleefd en skud haar kop saam. Sy dink dat ou Gerrie se varkies die hele park vol hardloop.
Hy sit die koerant neer en neem ‘n inkleur boek en drafstap tot by die toonbank. Die dame neem ‘n tree terug, want wat vir hom soos ‘n drafstap voel, lyk vir haar na ‘n stormloop!
“Dagsê oom Gerrie…..” Sy neem die koffie en lui dit saam die inkleur boek.
” Dagsê” se hy in sy ‘vriendelike’ mannier!
“Gaan oom……bietjie inkleur?” Vra sy onseker, sy wil haar self verseker dat hy nie mal is nie.
Hy loer op na haar met sy diep donker bruin oë. Sy staar verbaas terug, want sy mond se hoeke breek, die glimlag het sy in die paar maande van sy verblyf daar nog nooit gesien nie.
Hy druk ‘n honderd rand in haar hand, en vlieg om net om tot stilstand te kom by die automatiese skuifdeure. Hy draai om en beweeg halfpad terug na haar. Sy voel half ongemaklik, nie wetend wat volgende gaan gebeur nie.
“Het julle…..inkleur potloode?”
Verstom haal sy die pakkie agter haar wat teen ‘n vertoonrak hang.
“Hierdie is op die huis oom Gerrie……”
Hy loop en gryp die pakkie, kyk haar in die oë
“Dankie skat”
Soos hy uit storm by die winkel verander haar frons in ‘n glimlag! Die gesprek was die langste wat hul nog ooit gehad het.

Die hysbak se deure gaan oop op die derde vloer en hy loop heelwat rustiger tot by die deur wat nou oop is weens bediening van onbyt. Hy staan en staar na haar en sonder waarskuwing, gaan sit hy plat op sy sitvlak met sy bene gevou! Hy maak die eerste blaai oop en gooi die potloode verspreid voor hom uit. Hy gryp die eerste kleur wat hy sy hande op kan kry en begin krap op die blaai. Dit neem nie baie lank voor hy haar toegewyde aandag het nie. Paar sekondes later toe staan sy reg lanks Gerrie.
“Wat maak oom?”
Vra sy bekommerd en benoud.
“Ek kleur in…….”
“Nee oom is besig om te krap” val sy hom blitsig in die rede.
“Sal jy my dalk kan wys?” Vra hy haar met ‘n ernstige uitdrukking op sy gesig.
Sonder ‘n woord gaan sit sy oorkant hom, draai die boek om en neem die rooi potlood vir die papegaai se vere.
“Dit is baie mooi vlerkies wat jy het!”
Probeer hy ‘n gesprek aanknoop.
“My pappa sê dit is Liewe Jesus wat dit vir my as persent gegee het……..en maak nie saak wat gebeur dat ek die vlerke sal hou” hy voel hoe sy hard in sy maag insak!
“Wat is jou naam?”
“My naam is Milé, en joune?”
Vra die teer klein stemmetjie.
“Ek is Gerrie…….”
Hy voel hoe die trane opkrop. Hy wil nie so kortaf klink nie.
“Is jy siek?” Spoor hy die gesprek nuuskierig aan.
“Ja, maar pappa sê dit is hoekom Jesus die vlerkies vir my gebring het. Ek moet braaf wees. Het oom geweet as Hy my kom haal dan gaan ek saam hom kan vlieg net soos supppppper gggggirl!”
Gerrie tel sy potlood op en kyk met hartseer oë na haar!
“Hoekom is oom se gesig so blou? Ek dink ek gaan oom …….berry noem!!”
Sy giggel lekker vir die naam wat sy aan Gerrie gee.
“My hart is gesond nie…..”
Milé pluk haar kop orent en staar Gerrie reguit in die oë terwyl sy hom in die rede val.
“Is oom se hartjie seer? Waar is oom Berry se dogtertjie?”
Gerrie kyk net af met die potlood wat rus, saggies loop trane by sy wang af.

Terwyl die twee daar sit en mekaar geestelike berading gee, daag Milé se ma daar op. Aan die begin van die gang beskou sy die vreemde gebeurtenis. Sy roep die naaste suster nader.
“Wie is die man wat by my dogter Milé sit?” Sy wys met haar wysvinger gemik op die twee.
“Dit is oom Gerrie, hy is een van ons pasiënte. Arme oom, hy het sy vrou en dogter in ‘n kar ongeluk verloor, hy het dit net-net gemaak! Dit is die oorsaak van sy hart probleme.”
Soos die suster in die gang af verdwyn, staan sy en kyk hie die twee saam inkleur en klets!

‘n Maand het verby gedraf en Gerrie en Milé het baie tyd saam spandeer. Mev. Smit het ook dit aanvaar, Gerrie was soos die oupa wat Milé nooit gehad het nie. Gerrie het ook in die tydjie geleer dat Milé ook ‘n seldsame hartsiekte gehad het en dat sy ook ‘n hartoorplanting benodig het! Maar hy het geweet dat hul ook nie die nodige fondse beskik het nie. Hy het haar ma elke dag sien huil in die hoeke van die gang, daar waar sy gedink het niemand sien haar nie. Maar hy was bevriend met die skaduwees, hulle het hom kom vertel. Hy het ook geleer dat Milé nog nooit tevore by die see was nie en dat dit haar grootste droom was om haar tone in die seesand te kan druk. So op 14 September op Mile se verjaardag, gebruik hy sy kontakte in die bou bedryf om riviersand te bring. Terwyl sy slaap kry hul die sand en bedek haar vloer met die sand. Die mure het Gerrie met die hulp van die susters vol prente geplak van seediere en skulpies.

Sy maak haar oë oop daai oggend en spring orent, soos enige kind wat weet dit is haar verjaardag. Sy hardloop na die deur om te sien wie vir haar kom kuier, eers met die derde sprong kom sy agter iets is anders! Sy kyk af, die frons verduidelik haar emosies. Sy wikkel haar tone, sy kyk fronsend op en sien die mure wat bedek is met prente van die see. Sy draai om en om, eers stil en toe skreeu sy met opgewondenheid!!!
Corlie haas nader en val neer by haar voete met haar knieë in die sand, hul omhels mekaar, hul trane vlek mekaar se hempde.

Die dr by die deur maak sy keel skoon om Corlie se aandag te kry. Sy stap na hom toe “Wie…….wie het die gedoen?”
Vra sy met haar hand oor haar mond.
Hy handig aan haar ‘n brief……
“Voor mev die lees, moet u weet dat u kind volgende op die lys is vir ‘n hart…..”
Sy kyk na hom fronsend
“Maar hoe gaan ek dit bekostig……”
“Die operasie en alle hospitaal kostes is gedek.”
Hy draai om en verdwyn in die bekende skaduwees van die gang.
Nog stom geslaan maak sy die brief oop en begin lees

Corlie

As jul hierdie lees, dan het ek aanbeweeg. Julle dogter het my gehelp om weer lief te hê, sy het ‘n siek hart, weer gesond gemaak. Dit is hoekom ek my plek vir haar gee. Ek los ook alles wat ek het aan haar op een voorwaarde:
Julle vat haar see toe.

Liefde
Oom Berry

Sy kyk na haar dogter met trane wat stroom. “Waar is oom Berry ma?”
“My kind…..Liewe Jesus het hom kom haal” bars sy uit van die trane. Milé beweeg nader en haal haar vlerkies af. Met trane in haar oë gryp sy haar ma om die middel lyf!
“Sal mamma vir oom Berry dit gee……sodat hy saam Liewe Jesus kan vlieg!”

Deur
©Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed