Fênsy woorde sonder kappies
Ek wou ook soos jý leestekens oor my woorde lê want jy kon die klem verskuif toonhoogte só aangee. Met ‘n alt 136 het ek toe ge-ê sonder om veel te sê soos ‘n Hadida net vlugloos ge-ê-ê want jy, my kind was vir my die wind wat my vlerke sou laat vlieg oor jou […]
Ek is niemam
Niemand sien my meer of weet wat my hart begeer miskien iets heel eenvoudigs soos om net te luister na jou stil onegalige hipnotiese asemhaling koesterend in die lumier van ons kamer Niemand sien waar ek faal of weet waar my gedagtes dwaal miskien op ‘n vreemde kontinent met jou donker silhouëet afgeëts op die […]
Eva se lente
As jy weer minne-woorde skryf onthou om nie te vergeet van haar lente wat oor jou siel dryf wat die nadraai van jou winter te ontleed Op die sesde dag was alles mooi en dit was winter en skielik net lentegeure toe Hy jou ribbebeen deur haar gooi ontwaak jy in ‘n paradys vol geblomde […]
Solmisasie
Ek streel jou naam met die oggendson se heel eerste sang oor my laaste traan; heelnag het ek gewag geroep geween. Met die ademlose eggo van jou vormlose voetspore raam ek ‘n nuwe dag om die soom van my cadenza skaterlag © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Eggo
Jou eggo pen my vas waar die ink deur jou hart lek en vreedsaam weergalm deur my binne-mens hier waar ek stom-skugter skuil in die diamant glinster van jou oog. Jou woorde smelt oor my doofstom-bestaan tot waar die sekelmaan se bo-punt krul en verlos die monster in my apokalips. Ek wens ek kon wegsweef […]
Die vryheid van liefde
Teleurstelling is ‘n onvolledige opgawe van die prentjie wat voor my siels-oog afspeel hier waar ek die skerp punt van jou tong nou uit my vernielde rugwerwels geduldig sit en uitbytel. Jou lensiesop het ek soos ‘n wesie vir soetkoek krummels opgeëet alhoewel ek en jy mekaar vreugdevol in ons ydel vryheid verkrag het deur […]
Droomvanger
Wanneer ek en jy wen, en (nie die lotto nie) bars die lewe se ink oor ‘n vedwaalde siel om woorde te pomp deur ‘n stukkende hart. Enige app op ‘n foon doen gewoonlik die ding hgd hier of vletter maan toe daar. Maar soms eggo die vreugdesgesange oor verlore donkertes soos bliksemstrale deur die […]
Dit is volbring
Dit was toe die son sak; dat haar hart volmaan (oor ‘n lewe) haar drome himalaja – hemelhoog oor berg en piek want ‘n wil wat w-e-e-t sal nooit ooit van sy siel vergeet. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Ek Afrika
deur ‘n (on)begeerlike landskap wat trillend vibreer; ritmies en dorstig diep in jou hart kruip soos sonstrale se lag wat salig oor jou spoel jou wese kan stom klop met sy hart se skop ék Afrika jy my Elysium op díé oop klip van Tafelberg vou ons nou ons hande saam voor hierdie hemelsmaal van […]
Joviaal
Vandag wil ek my woorde om jou vou alomdeur jou drome huppel ; jubel in jou jywees en menswees jakôna wêna! vir ons vriendskap; sonder mense soos jy sal mense soos ek niks wees. Met opgewekte emosies wil ek laggend my arms om jou gooi jou hart se voorportaal v-e-r-l-i-g met my lofliedere want jý […]