Jongste aktiwiteit:

Ek is niemam

Niemand sien my meer
of weet wat my hart begeer
miskien iets heel eenvoudigs
soos om net te luister na jou stil
onegalige hipnotiese asemhaling
koesterend in die lumier van ons kamer

Niemand sien waar ek faal
of weet waar my gedagtes dwaal
miskien op ‘n vreemde kontinent
met jou donker silhouëet afgeëts
op die horison van my herinneringe.

Niemand sien wat ek probeer vergeet
of weet van my geheime harts kreet
miskien wyl ek doofstom ten hemele skree
hoor ek dalk nie hoe jou biegwoorde
fluister oor die kruising van my siel:

“My engel, my engel
ek het jou lankal reeds verlaat”

©Caren Kearley
Kopiereg word voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed