Napeinsing
By ons ontmoeting het ek jou reeds só gevind, my hartslam (verdrietig en bebrose) toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding diep in my siel het jou hart oop geskiet. Ek het gesien hoe jy verdwyn met elke haatvlam van jou hart se aarselende narsitiese klop terwyl jou vlerke ontbind. […]
AANDAG ALLE LEDE: BELANGRIKE INLIGTING
Ek rig ‘n DRINGENDE versoek aan alle lede wat aan die KRIT/OPLEIDING deelneem. Vir hierdie stelsel om behoorlik en geslaagd te funksioneer is daar BELANGRIKE oorwegings waarvan kennis geneem behoort te word vir hierdie diens om ‘n suksesvolle en voordelige bydrae te lewer tot u skrywerservaring. Lede wat van hierdie diens gebruik maak MOET: 1. […]
Vrede
Wanneer branders breek eb en vloed onder die maan ryg ek hul een een deur die poorte van my siel om rus en vrede te vind © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]
Vriendskapsboom
Jou stam het wortel geskiet in die holronde hut van my hart fyn takkies toi-toi om my tong gebladert dans jou groen spore deur die binneruim van my denke my geestesvrugte deur jou aangekweek. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Woordspatsels: Oom Moos
Oom Moos sit asvaal langs sy kombuistafel, op die enigste hout gestoelte. Hy sluk-sluk bitter aan sy koffie, wyl vervloe skadu’s nader kruip. Sy eelterige hande wriemel en hy is steeds teenstribbelrig om tussen die lyne te lees. Hy kon nooit die toekoms daarin voorspel nie en was hy in sy eie wese verstrengel tussen […]
‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
Inkubus
The thermometer of success is merely the jealousy of the malcontents – Salvador Dali Sy moes haarself ook ontvorm; vasgevang in die vlaktes van vergetelheid (in ‘n rustelose misnoegde droom) moes sy met swaar voete wat stadig slapend sleep- soos een wat met dooie vlerke probeer vlieg treetjie-vir-treetjie vorentoe stoei; om haar oogkorrels oor die […]
Ek wil jou graag iets vertel
Ek wil jou graag iets spesiaal vertel Ek het die oulikste vrou ontmoet Eintlik leer ken,so met al my hartseer en pyn Wil jou laat weet sy is selfstandig Ook verneem sy is ook alkeen Ook ervaar, sy is Godsvresend O, ook so bly sy rook nie Ek wil haar op raap, inhaar volle glorie […]
Wag ‘n bietjie (apologie aan Totius se vers: Die Godsbesluit)
Ek dink jy pas soos wind in my hare asof iemand steel oor ‘n harp se snare en klank my holtes met die walms van jou adem want onder dié sluwe seisoen se sang babbel almal Babilonies sonder om te bloei, maar jou woorde wals s-t-a-d-i-g om my wêreld — eenkant in my koue winter […]