Ek wil woorde vir jou skryf …
ek wil in woorde vir jou skryf die dinge wat my hart aandryf ek wil die woorde vir jou sê die dinge wat in my hart lê ek sukkel, krabbel, vee weer uit die gedagtes in my kop so luid die woorde wat my brein my bied wat kan ek doen … CTRL ALT DEL […]
Engel my droom
Engel Engel ek skryf vir jou vandag n brief my papier is my hart en my pen is my gedagte Jy het op gestaar in Soul se oë vol verlange en hartseer wilde uitdrukking in die lewensoog asook die een groot droom, Soul se droom verenig met haar. Daarom Engel skryf ek hierdie brief Jy […]
My dagboek oor jou (4)
Alles is grys vandag. Die lug, die wolke, selfs die bome. Grys soos dit in my hart voel. Dis asof ek vanoggend nie een sonkolletjie kry om na te kyk nie. En dan waai die wind ook nog. Die bome is ook glad nie ingenome met die wind nie, want hulle verloor blare. En kort […]
‘n Bankie met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley Ek sit vandag weer op ‘n bankie in die Waterberg se hart – heel bo – by die uitkykpunt, Lenong. Die son vlam teen my rug en oor Kransberg se hang. Die heuwels en valleie hou nooit op. Die pad tot hier kronkelvleg deur varings, boom en gras. Proteabos staan immervaal tot onder […]
My dagboek oor jou (3) …
Ek was vir ‘n paar dae see toe. Nie ‘n somer-see nie, maar ‘n winter-see. Jy wonder seker wat die verskil is. Is die see dan nie maar net altyd dieselfde nie? Nee, beslis nie. Maar dis ‘n hoofstuk vir ‘n ander keer … die see se verskille. ‘n Somer-see gaan gepaard met vakansie en […]
briewe
briewe letters op gekleurde papier, party groot, party klein, hier en daar met ‘n swierige krul – soveel meer persoonlik as woorde uit ‘n dagboek, die betekenis soveel ryker as woorde tussen twee geliefdes. lees jy nog my briewe, of lê hulle iewers veilig weg gebêre in ‘n briewedoos in jou kas? gister se tere […]
‘n Penvriend
Ek wonder wat sou gebeur as my hart kon skryf Sou hy ook geskryf het oor hoe hy voel Elke keer as hy jou onthou Of sou hy skryf oor hoe hy homself probeer regmaak Elke keer as hy homself stukkend val Dalk skryf hy net oor die oomblikke Wat hom vinniger maak klop het […]
My dagboek oor jou (2) …
My dagboek oor jou (2) Die koue het nog nie gewyk nie. Vanoggend se opstaan-temperatuur was 2 grade. Jinne ek wonder hoe lewe die mense in temperature van minus 48. Ek is seker ek sou dit nie kon oorleef nie. Ek en koue is nou eenmaal nie pasmaats nie. Die lekkerste van koue weer is […]
My dagboek oor jou (1) …
My dagboek oor jou (1) … Hier staan ‘n tafel voor die venster. As mens die gordyne ooptrek, is dit ‘n lieflike uitsig. Die gordyne maak darem nie alles donker nie, dis van ‘n ligte materiaal gemaak. En dit het nie van daai swaar lig-uithou-lap agteraan nie. Met daai lap voel dit mos altyd soos […]
Soos ek altyd wou …
ek hoop sy gee vir jou blomme mooi soos op ‘n blommeskou pienk rose in die somer en geel angeliere in die winterkou’ ek hoop sy maak jou gunstelingkos bederf jou met ‘n haar oë blou en op die herd ‘n erdekan wat elke dag se koffie brou … soos ek altyd wou ek hoop […]