briewe
briewe
letters op gekleurde papier,
party groot, party klein, hier en daar met ‘n swierige krul –
soveel meer persoonlik as woorde uit ‘n dagboek,
die betekenis soveel ryker as woorde tussen twee geliefdes.
lees jy nog my briewe, of lê hulle iewers veilig weg gebêre
in ‘n briewedoos in jou kas?
gister se tere herinnering,
of miskien lê hulle in ‘n asbliksak,
verweer deur wind tot stof;
dalk brandstof vir ‘n plakker se eensame vuur…
Yolande van Coller
3 Kommentare
-
Arnold
Dis 'n goeie gedig, hou hiervan. Met korter reëls sou die ritme meer vloeiend wees.
-
Evelyn van der Merwe
Onbeantwoorde vrae of dit wel die leser bereik. Hierdie lê diep.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig!