Jongste aktiwiteit:

Toonkleur

Toonkleur

My hart is in sy majeurvreugde
van toonladders staccato uitgelate!
Akkoorde salvos bars jubelend uit nate
op harp viool klarinet soos akrobate
en trippel chromaties
lig soos vlindervlerkies
dan weer verspring in oktawe
in uitbundige oorgawe
of bokspring oor die oktaaf
en kaperjol in tiendes braaf
terug na sesdes en derdes op rustiger toon
en almal luister uiteindelik unisoon
na ‘n vreugorkes wat siel omgord en moraal
versterk en andermaal
red uit die donkerbuisleur
van die mineur
maar verwerp die kleurloos atonaal
wat emosies gelyk maak en neutraal
sonder die fyn nuanses van majeur en mineur
se toonkleurboeket en musegeur
Atonaal is apaties
nooit ekstaties
en bewandel die goue middeweg
in eie keuse en reg—

Janetta – Helena [Babs] ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed