Die Laaste Basuin
Die Laaste Basuin
Daar is baie dinge
wat ‘n mens uitbasuin
en uitbundig trompetter as
jy jou land en span aanspoor
maar daar is dinge wat jy maar
saggies ‘n sordino demper op plaas
want jou mislukkings hang jy nie aan
die groot klok nie en jou verdriet
taptoe jy sag en privaat diep binne
want jou trane hou Hy in Sy kruik—
Oor sukses juig jou hart met luide
tromslae wat eggo in jou sagte polslae
maar daar is een basuin wat die
ramshoring ver oortref wanneer
die aartsengel die laaste basuin blaas
om Sy koms op die wolke aan te kondig
en die mensdom tot verantwoording daag—
Janetta – Helena [Babs] ©
4 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Voorwaar 'n uitmuntende slot.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe dis pragtig tannie Babs.. wat n treffer slot! Ek verkoop sulke rampshorings soos op die foto in my winkel