Wink die skemerskadu’s blink
‘n Najaarsblom
lӗ geberg in die holte van my hand
wat deur die wind
nuwe eilande vind
Waar dit diep in my siel brand
elke gedagte en illusie moet ek inhou
styg en daal
aaneen alleen
Dan kyk ons hoe die bloulip horison
op ‘n spierwit strand
skaam-skaam
in die skemergloed wink
Blink soet, ‘n najaarsblom
op die goue sagte sand, vir jou en my
8 Kommentare
-
-
neels
Pragtig geskryf Palet
-
Arnold
Hou nogal hiervan.
-
Evelyn van der Merwe
Kleur hier doeltreffend ingevleg.
-
Cornien
Pragtig!
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Hou veral van die tweede stansa.
-
Mariska Smit
Mooi blom jou woorde;)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die najaarsblom projek