Dankie vir woorde
Vader met danksegging buig ek hier neer
om U vir my mooie talent te eer
‘n passie vir dig aan my toevertrou
daarom beloof ek U hier en nou
dat solank my oë my toelaat om te sien
sal ek U naam met eie woorde bly dien
solank my hande die pen nog kan voel
sal ek met ink vertel wat ek bedoel
4 Kommentare
-
neels
sjoe Evelyn, hierdie werk raak al wat n skrywer en digter is baie diep
-
Amaspoke
Uitstekende werk. Ons het so baie om voor dankbaar te wees.
-
Arnold
Ek glo dat elke digter of digteres 'n blywende impak op hul volgelinge moet laat.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Amen op hierdie pragtige gebed!