Opleiding en terugvoer
Dagsê liewe Inkelinge Ek wil graag ‘n uitnodiging rig aan ieder en elk wat aan die opleiding/krit afdeling deelneem. Afrikaans is vir ons almal ‘n hartsaak en met hierdie afdeling poog ons om die skrywers by te staan en genoegsaam leiding te gee. Dit is dus heerlik om te sien dat die voorstelle wat gegee […]
Want daar’s niks wat lewe gee soos water nie
en ek’s jammer vir jou skape en ek’s jammer oor die bees die somers was nou drie jaar lank net veels te droog gewees ek weet die vleie loop nie en die veld is dor en vaal ek wis die son se skroei sal nog die laaste lewe uit selfs ‘n bitterbos kan haal maar […]
Net voordat jy gaan (2)
Jy kyk op jou horlosie, ek wis dis tyd dat jy moet gaan. En ek wéét ek praat te veel, my vriend maar ek wil hê jy moet verstaan; Viooltjies en laventelbos was nog altyd mooi vir my veral vroeg in Oktobermaand as hul só in kleur en geur gedy. Die kwikstert broei haar kuikens […]
“Where do you go to, my lovely?”
Ek wandel deur tuine, my liefste – boorde waarin bloeisels gedy en loop deur die doodsnik van winter, Namakwa lê blombont om my. Soms verdwaal ek in dorre woestyne, waar skedels en skepe skelet langs ‘n kus met duisende duine – teen die wind en die weer in verset. Ek stap met ‘n stofpad, beminde […]
My geskenk aan jou …
vandag stuur ek vir jou ‘n pakkie toegedraai in blink papier daar is ‘n kosbare geskenk daarbinne verpak op my eie manier die geskenk is omdat jy verjaar ek wil jou graag iets blywend gee iets wat jy altyd sal gebruik en immer nodig sal hê maak los die lint van sonskynstrale vou oop die […]
Liewe Dagboek
Liewe Dagboek, Dis al weer net ek, Zoey. Ek het nooit besef hoe baie taal beteken nie. Nie net die taal waarin jy gebore is nie, maar ook die taal van die mense om jou. Rosina het my bewus gemaak van die belangrikheid van taal. Haar begrafnis gister het dit ook baie mooi uitgebeeld. Rosina […]
Vir Natalia . . . noudat jy 16 is (enkele gedagtes)
my kind: die een jaar volg die ander tyd staan nimmer stil en sestien’s net ‘n oomblik lank geen uur is te verspil onthou – voëls vlug deur die hemel daar’s rusplek op die grond bloeisels vly teen takke die volmaan tinkan rond die herfs se son is lou my kind die winterwind waai koud […]
Anyway . . . (‘n WhatsApp versie)
Ek’t maar net vandag gewonder hoe dit met jou gaan. Ek het weer laasnag so sleg geslaap, en toe maar vroegvroeg opgestaan. Die twee brakkies is al om my, hul speel heeldag op die bed. So, ek voel nooit juis alleen nie, dis als plesier en pret 😃 Dinge by die werk sukkel egter nou, […]
My dagboek oor jou (5) …
My dagboek oor jou (5) … Vandag lê my hart kaalvoet. Sommer hier in die grondpad wat langs die huis verbyloop. Kaalvoet omdat daar niks is vir ‘n bietjie beskutting nie. Kaalvoet sonder enige verweer of beskerming. Hoekom? Ek het ‘n boodskap van jou gekry om te sê jy weet nie of en wanneer jy […]