Jongste aktiwiteit:

My geskenk aan jou …

vandag stuur ek vir jou ‘n pakkie
toegedraai in blink papier
daar is ‘n kosbare geskenk daarbinne
verpak op my eie manier

die geskenk is omdat jy verjaar
ek wil jou graag iets blywend gee
iets wat jy altyd sal gebruik
en immer nodig sal hê

maak los die lint van sonskynstrale
vou oop die pakkie gou
hier is dit … my HART, my engel
dis my geskenk aan jou

© borrels




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed