Jongste aktiwiteit:

Pêrelpoort

Leë, takagtige bome
en wind en wind…
en mis wat spookagtig hang
oor die veld

‘n Stroom loop in sy droefheid
oor stof wat dans
wat rondspring, bontspring
in die warm sand

Op die snaar van die windharp
se silwer linte van teer
vleg beelde soos so baie keer
wat jou noop
om los te knoop
en uit te spring
en ongeag, eenling
die vreemde in te loop

… lê genoeg glasstukke in die veld
om ‘n glinsterende pad
na die Pêrelpoort te plavei




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed