Woer-woer
woer-woer
vanaand
wandel die wind
deur my oop venster
speel vir oulaas
woer-woer oor my bed
lig die lakens speel-speels op
met sy laaste asem
sing die wind ‘n laaste groet
voor hy pad vat
na wie-weet-waar
en ek?
ek bly lê in sy lui asem
smag ook om na
onbekende plekke te waai
om woer-woer te speel
in sy lui asem
droom ek oor
wie-weet-waar
voor ek terugsteier
na die ou-ou bekende
van nou – hier – daar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.