Jongste aktiwiteit:

Winterkind

Winterkind

Gebore op ‘n koue Augustus winterdag
het die sonnetjie my flouerig
van agter die rantjie verwelkom en
die westewindjie het koud en skraal
oor die werf gewaai met hier en daar
‘n stofwarreltjie en dwarrelwindjie en
in die kraal staan herkouende diere
styf teenaan mekaar vir liggaamshitte
hul warm asems het wit walms opgestyg
in die oggendlug want dit was geniepsige
droogte geteisterde witgerypte winternagte
maar, ek was in warm liefdevolle arms ontvang,
die ongure toestande het my nie geraak, en
weldra sou lente en somer nuwe hoop en
uitkoms bring vir die knellende droogte—

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak