Die wind kind
Die wind kind Sy was die wind kind uit die kamer van die boom sonder aarsel sonder skroom draf sy weer werk toe hierdie keer vir oulaas weer met ‘n nuutgevonde hoop om kos vir haar kind te koop haastig om te help selfoon gereed om te laat weet in haar hand… maar aan die […]
Die Sirkel is Voltooi
Die Sirkel is Voltooi ek by Hom en Hy bý my lángs my – Hy leer my loop wankel-kleuter-treetjies Hy gaan die pad vooruit so veeg Sy Grootsheid oor my ek by Hom en Hy lángs my soos ek die bakens omloop tienertraantjies grootmensbaantjies vrou word – ma word – groot word – oud word […]
Appelboom
Onder die blou-pens-lug waar vlinders-vlug en sywurms-sug lag die wolke breed klets ‘n kraai-kardoes is dit ‘n goud-sliwer-ring? Binne die appel-bloeisel-blom sit ‘n by en brom oor die spinne-kop-gom tyd vermom en heuning die soet-tand-grond-roer Na volgende bladsy Sien die bladsy is vir jou Poppie jy is mooi skarlaken getooi Wys my jou appel-vy soos […]
Die huis in Terrace straat
Deel 2 “Hi jy, het jy die vorm gekry?” hoor sy Rietjie, en sy draai haar kop, diep denkend, nie seker wat om te dink van die snaakse gebeure nie, en antwoord. “Ja,” en swaai die vel papier voor haar kollega se neus. “Goed, ek vul net gou die vormpie in. Wat dink jy?” “Iets […]
Dood, waar is jou angel? Deur Lynelle Clark
‘n Oor vertaalde stuk geskryf einde 2015 vir ‘n Londense tydskrif Dood se angel los geliefdes lam en verslae lank na die afsterwe van ‘n geliefde. Die persoon se teenwoordigheid in die huis ‘n tasbare bewusmaking dat hulle daar was. Die nagte is gewoonlik die ergste. Dit is dan wanneer jy meer bewus is van […]
Tyd genees
Die winter is behoorlik hier en ‘n mens is geneig om stadiger te werk… seker oor die dik klere wat ‘n mens aan het. Die wind huil behoorlik hier om die huis wat die koue behoorlik onderstreep. So trek daardie warm koffie nader en dan kuier ons heerlik saam. Vandag se program is nie baie […]
Briewe van my pa
Dit is ‘n koue wintersdag in september,donker wolke wat die hemel verdonker so asof duisternis sy aangesig wys,maar die duister wat ontkiem is van ‘n ander soort. Gaan julle tweetjies en gaan koop gou brood en melk vra moeder sagliks net om die somber gevoel in die huis te begogel,om die hartseer wat kom te […]
Moordenaar
Die moordenaar: ‘n hartverowerende boosdoener. Wat koelbloedig lyktonele frabiseer, en borduurde harte met pyn prepateer. Sy skaamgevoel is swartgallig. ‘n uitgeperste suikerriet. Wat in die vermoor van n kind, vergisloos uit die vuur sal spring. O Ja, die moordenaar – met sy slegpassende gebaar, se grusame dade, virewig n skande wat bloed verf op sy […]
Deel twee Vind jou voete
Vervolg van Deel 1, Ek wil tog ‘n paar oomblikke afstaan aan weduwees en wewenaars wat die afsterwe van ‘n lewensmaat moet verwerk. Die verandering kom soms skielik, wat jou rigtingloos en ongebalanseerd laat. Of, as gevolg van ‘n lang siekbed, beskou jy die dood op daardie oomblik as ‘n lafenis weens die swaar lyding […]