Verbrande brug
Met woord, daad en kyk (so bitter onverskillig) het jou hand oor swael getrek en waar eens ‘n oorloop was vertoon nou stom-verbaas slegs ‘n hopie as met een enkel daad is ‘n leeftyd se vertroue geskaad met een enkel woord ‘n galg gehang vir finale dood met een enkel kyk het vrede ontwyk my […]
Versplinterde hart
Hoe lap mens ‘n versplinterde hart? Hoe haal mens ooit weer pynloos asem as fondasies verkrummel en alles uitmekaar spat? Hoe pas mens weer jou menswees in die holte van ‘n raam (waar jy eens veilig kon voel) as brokstukke die beeld nou verwrong? Onbewus die lont se wegbrand met oë vertroebel, verblind. Die vlam […]
Ballade vir ’n narcissus
(goud) eendag in die vroeë lente het ’n narsingbol ‘n loot Iank en groen en dunnerig na die hemel opgestoot met aan die punt ’n knoppie wat goudgeel uit sou kom om te baai in sagte sonskyn – en geurig was sy blom maar per geluk (of ongeluk?) het hy naas ’n dam gegroei; helder […]
Is daar whisky in die hemel?
Met jou nou ses voet onder – op die rotse – V E R D R I N K sit ek vandag hier langs jou graf en wonder so sommer maar net of daar ook whisky in die hemel is? want sou jy tog daar wakker skrik met ʼn dik babelas, hoop ek daar wag […]
Dag van die beduiwelde eiers
Ouvrou Wippers is toe nou uiteindelik dood. Askies dat ek sê “uiteindelik” maar ek glo die dorpenaars sal ieder en elk saamstem dat “uiteindelik” die regte woord is. Niemand is seker hoe oud sy was nie. Katryn Brilboks, die bibliotekaresse, het navorsing gedoen en die vroegste verwysing wat sy in ‘n ou koerantuitknipsel kon kry, […]
brief aan my broer
vir te lank het ek alleen geloop met hierdie groet wat nooit gebeur het nie moes ek stories skryf oor en oor lees sodat ek jou jou werklikheid jou leef in onthou by my kon hou heeltyd kon voel soms wonder ek of jy sien en of jy weet of jy my voel en verlange […]
Pienk bloei die herfs
Daardie dag (waarop jy dood is) was Matsikamma aan die bloei met najaarsblomme wat oor rante tot onder in valleie groei. Maart se pienkste kandelare het wyd rangskik bo sand en klip en dat iets so mooi nog kon bestaan was veels te veel vir my begrip. Die uur was vol van skamel hoop en […]
Die Een Wat Eerste Gaan
As die see se deining stil raak en die branders stilweg oor die strand kom rol dan vloei herinneringe deur my soos heildronke gedrink, van skemeraande saam met jou, van drome saam gedroom oor onbekende toekoms maar die sekerheid van jou en my, van ons twee saam, het soos ons harte in ons bors geklop, […]
Bring my die ou-ou tyding
As daar nie verskillende menings bestaan nie, sou ons almal absoluut dieselfde gelyk, gedink en gedoen het. Miskien is dit waarom die mense wat modes slaafs navolg, so verveeld, vervelig en tot vervelens toe oninteressant eenders kan lyk. Dieselfde geld vir boeke en ander geskrifte. Dit is mos lekker om iemand anders se idees te […]
Kleingelowig?
Ek het myself nog nooit as ʼn ‘groot’ Christen gesien nie (wat dit ookal mag beteken). Dit klink soos om net ʼn bietjie swanger te wees. In my gedagtes is mens ʼn Christen of jy is nie een nie. Ek het nog nooit breë bors aan elke paar ore verkondig hoe voorbeeldig ek elke Sondag […]