Jongste aktiwiteit:

Pienk bloei die herfs

Daardie dag (waarop jy dood is)
was Matsikamma aan die bloei
met najaarsblomme wat oor rante
tot onder in valleie groei.

Maart se pienkste kandelare
het wyd rangskik bo sand en klip
en dat iets so mooi nog kon bestaan
was veels te veel vir my begrip.

Die uur was vol van skamel hoop
en ek’t verstom en heel verslae
gewonder waarom Gifberg’s hang
nog steeds sy skoonste jas sou dra

dáárdie dag (waarop jy dood is)
toe die kandelaar’ so pienk blomblaar.

© C. Shaw
20 Julie 2016

* Kandelaar – Brunsvigia bosmaniae (Maartblom)




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed