Niemand Groet
Niemand vra hoe dit gaan met die wat onder die plato van tyd beweeg. Ons verdwyn weg alles bly soos dit is niks verander vir beter, vir slegter. So kreun lewe voort op spoed deur wie bepaal vir… wat.
Die verlore kuns van aanraking.
Die verlore kuns van aanraking Ons giggel half benoud, half in skuldige herkenning wanneer ʼn vriendin die opmerking maak dat sy nou en dan die dokter besoek “sodat iemand aan haar kan vat”. Vel-honger – uitgehonger vir aanraking en sy is bereid om die dokter met ʼn halwe verskoning te besoek net om daardie behoefte […]
Uit die mond van die suigeling . . .
Elkeen van ons (veral oumas en oupas) se hart is uitverkoop aan die dierbaarheid van suikerbekkies. Daardie einste suikersoet ‘bekkies’ wat op die mees onverwagse tye die snaakste wys- en waarhede kan kwytraak, so opreg en onskuldig. Die beste medisyne vir ‘n suur en donker gemoed. Ek verluister en verlekker my in hul onskuld en […]
Bella is ‘n boklam
Bella is ‘n boklam kan huppel en kan jive maar Bella word geroskam deur Stienie en oom Clive Bella is lammertjie so stuitig en so vry want vir Bella kon jy nooit nie in die kraal inkry Bella is ‘n boklam kan huppel en kan jive maar Bella word geroskam deur Stienie en Oom Clive […]
Babbelbekkie blinkoog
Vetkryt figure versier my mure in helder reenboog kleure vars vetkoek en biltongbrode vermeng met die soet kombuis geure Koekies en kersies en kinderversies gestrooi oor die voorhuisvloer in ouma se huis is almal tuis word almal tot oormaat gevoer hier in ouma se kombuis voel die hele wereld tuis is almal in rep en […]
Mev Dominee en die ekstra kollekte – Silwer
‘Prim en propper’ dit was nou onse Mevrou Dominee. Sy was ‘n statige dame. So duskant dertig en koringblond van haar. “Kom, kom sit hier by oupa se voete lat ek julle nou vertel van die konsternasie met die kollekte.” Ons skuif almal vinnig nader. Oupa se stories het ons almal laatnag wakker gehou. Of […]
ligfraksie
die maanlig smelt saam met die digte mis vanaand die uil skreeu hy voel tuis rot se kind hardloop om die gryswit huis golwe praat bombasties misgordyn verberg alles grysbokkie sluip saggies deur geel verligte tuin proe stil aan grassies slaapkamer ruite is donker vroeg reeds doodse stilte wat heers môre is weer werksdag vir […]
soeter as heuning
heuning soet hang druppels vanoggend oor my wange my duin se sand is klam reeds vroeg die sagte mis wat opstyg uit die see soos wasige gordyn soet lê my taal op my lippe soeter as die moedersmelk van eergister se herinneringe wat duisel van gedagtes ver wat soms seermaak so soet soms met moederstem […]
Kom gesels met my . . .
Hier onder die knus ou wilgerboom wat lui-lui sy takke slepend wieg in die wind waar ons as kinders kon speel en gehieme deel mekaar se sorge en wonde (met omgeedrukkies) wegstreel wis ek lank reeds jy’t vergeet van vrolike sonskynsomers en koesterknus winters jou menswees reflekteer ‘n seerkrykant teen onthou se skaduwand maak oop […]