Carl
Carling black label het ons nie gedrink brandewyn en coke was vir ek en die bloke lip-lees letters hand gebaarde woorde sink stil en weg soos gedoofde-oor op tong kommunikasie-gaping oorbrug klank grense mmmm’s,aaaaa’s,huhhhhh’s van kleinjare vertel ”ek’s ‘n digter ou-pêl ”falke waar ek werk” met hand op ing spel jy… Carl. ©Morné du Preez
BLIKBEKER
BLIKBEKER Jy sal altyd ‘n: HANDLE WITH CARE Sticker op fyn porselein kry. Omdat en oordat ‘n harde stamp of valslag dit kan laat skipskop-stukkies breek. Maar nooit-ooit, nimmerimmer sal jy daai graffiti op ‘n ou onaansienlike blikbeker kry nie – sien; ‘n blikbeker is mos veronderstel om byna onbreekbaar sterk te wees. Maar. Maar […]
vroeg oggend
vroeg oggend lê mis soos ‘n dons kombers bring gedagtes saam wat klink soos water verberg ongelykhede soos onheilspellende formasies wat opdiep vroeg oggend skyn son oor die hoek van ons baai verf mat van mis oranje maak die omgewing lyk na faust se musiek waar duiwels draai onder miskombers vroeg oggend is see stil […]
Tekkie tone
Wie hou nou nie daarvan om skoene persent te kry nie. My dogter trek en gooi uit. Sy weet. Onse voetjies is pasmaats. Dit wat sy nie meer wil hê nie, kom na ma toe en vica versa. So land daar ‘n paar pienk tekkies in die skoendoos. Ek sit plat op my agterstewe in […]
Tydstryd
Tikkel tokkel stap tyd verby verbrokkel die hede om jou en my Ure word dae wat fragmenteer maande en jare disintegreer Donshael jare vlieg soos bokhael verby en passant nog ʼn dag nog ʼn dekade opsy Onder bouvalle van verlore tyd lê goue geleenthede weggesmyt; verbeurde kanse afgelag – môre is mos nog ʼn dag […]
lewe
wyn van lewe is pyn uit blou-bloed-are ween daar skare hael wat plof in harde stof essensie van lewe is pyn uit gryskop breinstof gedagtes wat ontplof geformuleer oor jare hande met blou are ©Teárlach
Tyd genees
Die winter is behoorlik hier en ‘n mens is geneig om stadiger te werk… seker oor die dik klere wat ‘n mens aan het. Die wind huil behoorlik hier om die huis wat die koue behoorlik onderstreep. So trek daardie warm koffie nader en dan kuier ons heerlik saam. Vandag se program is nie baie […]
epog
liefdes druppel in leliekelk lewende geur van jasmyn nektar-liefde sonder pyn wat nooit ooit sal verwelk oranje kleur in aalwynblom versoete geur in die heuning van koffie tee of gemmerling wat nooit verbleik of verstom my hart lewe in die natuur ten spyte van lewensmerke dankbaar tot die laaste uur ©Teárlach