verstilde eggo
êrens tussen gister en nou het die streel van die klankharp se eggo verflou die vermanings dof en stil geword met ‘n onmag om denke (vredevol) in woorde uit te stort die roep van ‘n pou se trillings verslap tot slegs ‘n beduidenis van vae onthou daar waar onreg paar het valsheid geknal die suiwer […]
Straal Jy Selfvertroue Uit?
Soms is dit so maklik om vas te kyk teen die onmiddelike dat ons nie die groter prentjie raaksien nie. Ons lewe so ingewikkeld en soms selfs donker dat ons vergeet om te glimlag en net die nuwe dag te omhels. Maar soos met alles in die natuur het ons lewens ook seisoene. En jy […]
Rondte vir rondte (Silwer)
Die een ou spoor was groot en die ander spoor was klein – hul strompel hygend langs mekaar, so swaar op teen die duin. As uitasems bo uitkom, gaan hul rollend saam afgly tot amper in die see – gedaan en moeg gestry. Tot bo is dit tien treë en dan weer twintig terug. Só […]
Die nes is leeg (Silwer)
sy’s ingenestel op my skoot – net drie en die sneeuste syste sagste soenste haartjies streel my mond die warm van haar kop en sekondes stil se woelwater deurstraal en grond my ganse wese, is in my hart geëts nou’s sy nie meer drie nie, maar meer as dertig en tussen drie en dertig is […]
ex re et ex tempore (Silwer)
“ESCALATOR – UP FIRST FLOOR: PHARMACY AND TOYS” Bondel-bondel oplig en gly staalblokke soos ure verby In my kindertyd het ek gedog (en veerplant is mos bog) ‘n trappie kan jou sleep diep weg in jou moer daar onder die vloer, as jy nie jou litte roer en oor die boonste gryp-gryp tandjies hop om […]
DESIGNERSMILE
DESIGNERSMILE swaar soos ‘n klip lê my hart in my bors my stiff upperlip ‘n ondeurdringbare kors ek gee my designersmile vir almal wat vra terwyl ek all the while die pyn sleepdra wat bloeddrupseer deur my lewe sweer my designersmile is vir jou wat wil weet hoe ek my Golgota uitkom sonder sweet sonder […]
Dood, waar is jou angel? Deur Lynelle Clark
‘n Oor vertaalde stuk geskryf einde 2015 vir ‘n Londense tydskrif Dood se angel los geliefdes lam en verslae lank na die afsterwe van ‘n geliefde. Die persoon se teenwoordigheid in die huis ‘n tasbare bewusmaking dat hulle daar was. Die nagte is gewoonlik die ergste. Dit is dan wanneer jy meer bewus is van […]
Vrede in jou Storm
die storms woed hier binne menigte vol depressie en stres krane word toegedraai lewenslustig word baie nerens vind hul werk brandstof styg die hoogte in meer en meer loop met voet storms woed in hul binneste vyandskap ontstaan oral word waargeneem werkloses kindertjies krepeer in koue magies huil van die honger terwyl salaris uitgedoppel word […]
Deel 2 Hoe sien jy vrouwees?
Hoekom kompeteer ons teen mekaar of is ons jaloers op ons susters? Het julle al opgemerk hoe mans kommunikeer? Hulle sal mekaar nooi vir ‘n bier en vir ure gesels oor die mees onbenulligste dinge en bande word gevorm. In ander kringe sal een ‘n pyp opsteek en word die pyp van man na man […]
Hoe sien jy jou Vrouwees?
Heel moontlik het julle self al baie oor besondere vroue gelees en geluister in hierdie maand en voel hopelik geinspireerd deur dit wat julle gelees het. Vrouens is dinamies in eie reg en ons hoef vir niemand terug te staan nie. Nie net is ons moeders nie maar is ons ook versierders wat die lewe […]