
Die nes is leeg (Silwer)
sy’s ingenestel op my skoot –
net drie en die sneeuste
syste sagste soenste
haartjies streel my mond
die warm van haar kop
en sekondes stil se woelwater
deurstraal en grond
my ganse wese,
is in my hart geëts
nou’s sy nie meer drie nie,
maar meer as dertig
en tussen drie en dertig
is daar ‘n derde van ‘n leeftyd
sy is nou groot
ek kan haar nie vashou
in my veiligheid,
bly bowendien faal
kan nie meer my eie vreug
en vandag se brood
uit haar lewenshitte haal
Charleine Collins @ 11 Julie 2019
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Eishhh en hulle word oornag groot. Ek hoor jou hart.