Jongste aktiwiteit:

Rondte vir rondte (Silwer)

Die een ou spoor was groot
en die ander spoor was klein –
hul strompel hygend langs mekaar,
so swaar op teen die duin.

As uitasems bo uitkom,
gaan hul rollend saam afgly
tot amper in die see –
gedaan en moeg gestry.

Tot bo is dit tien treë
en dan weer twintig terug.
Só lank geoefen reeds hierin

…en die sand bly glibberig.

Charleine Collins © 11 Julie 2019
Foto: Gerrie Germeshuizen © 1 Januarie 2016




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed