rekkies
– ‘n rekkie stap oor my duin vroeg oggend luister ek na sy stem ervarings in opleiding en operasies van bosluise tot indoktrinasie lewens wyshede en begrip van gevare, vyand, wen die voorbly aksies altyd belangrikste altyd voor en paraat fiks genoeg, liggaamlik en ook geestelik rek jou rekkies nog glad of is jy plat […]
ONAANGERAAK
As ek vandag êrens in die Kgalagadi park tussen Hartebees, Wildebeest en Afrika Luiperds kon sit sommer net so platgat in die stof sou ek my vergryp aan die wonders van ons land ek sou vergeet van die Boland se berge en my Vallei vol stomp goue koringlande. Ek dink ek sou eers Sekretarisvoëls en […]
GENOOIDE GAS (goud)
Die tafel staan gedek skarlakenrooi tafeldoek met ‘n witkant oorhangsel swart kerse weerskante toonkleurige lapservette en silwer messegoed netjies langs die borde op die plekmatjies gepak gebakte skaapboud, stomende aartappels ‘n driemaal slaai en ander opgedisde geregte sy sit aan kyk na die muurklok vat solank ‘n slukkie wyn en wag vir die laaste maal […]
Wat ons glo is wat ons is (Silwer)
As kinders het ons graag wens-speletjies gespeel: ek wens ek was …; ek wens ek kon …; ek wens ek het …, ek wens …, en op talle verbeeldingsvlugte gegaan. Ons wense is meestal geïnspireer deur voorgestelde idees uit tydskrifte, waarvan ons prente uitgeknip en plakboeke van gemaak het, van mooi modelle, mooi hare, mooi […]
Cheers op 2021 (Silwer)
Hier teen die einde van verlede jaar het my kersie maar flou gebrand en moes ek behoorlik koes en keer om nie deur die Corona-tsoenami meegesleur te word nie. Die stormwinde, wat onophoudelik verwoesting saai in vele gemoedere, het so ampertjies die laaste flikkering van my hoopliggie ook geblus. En ek is beslis nie die […]
DRAAIROOMYS
(BRONS) “Was dit nou so erg?” Amelia antwoord haar man nie. Sy gee hom eerder ’n kyk wat veronderstel is om ’n gat in sy kop te brand. “Ek dink dit het verbasend goed afgeloop,” sê Ben toe hulle die dorp uitry. Amelia vervies haar vir haar man se selfvoldaanheid en kyk anderpad. Die skemer […]
‘n Hart wat omgee (Silwer)
te midde van onweerswolke en dreigende gevaar rank drome soos wierook om verwagting te baar te midde van entiteit se vooroordeel en gis wens ek vir die nuwe jaar te vra dat my oog regverdig sal kyk nie van goeie waardes afwyk dat my hand oop sal gee nie vuisvorm en onmag skree dat my […]